Met die woorde van die Romeinse offisier in Markus 15:39 bereik Markus se evangelie sy hoogtepunt: “Hierdie man was werklik die Seun van God”. Eintlik so ironies! Die Fariseërs en skrifgeleerdes kon dit nie sien nie; die dissipels het dit nog nie werklik gesnap nie. Hier erken ‘n Romein dit wat Markus deur die hele evangelie oor-en-oor wou sê: “Jesus is die Seun van God!” Hierdie week gesels ons oor Markus 15:21-47 (Studie 31). Die vrae met aantekeninge is beskikbaar op die webblad, kliek hier. Die wat graag aan die bespreking van die teksgedeelte wil deelneem kan by die Zoom-geleentheid op Donderdag om 09:00 inskakel of in die Kapel om 10:00 bywoon.

Die skakel na die Zoom-geleentheid is: https://us04web.zoom.us/j/74567758536?pwd=VVh2eFpGc2x5dmxaVFhjTXJ3bmh4UT09 (Meeting ID: 745 6775 8536 – Passcode: X8x2zn).

Top