Daar word so tong in die kies gesê: Min dinge is moeiliker om te verdra as ‘n goeie voorbeeld. Ons manier van lewe word die aantrekkingskrag van die evangelie. Daar is maar net een oortuigende argument vir die evangelie van God se liefde: Die krag van sy kinders se voorbeeld. Dit hoor ons Paulus baie duidelik sê in 1 Tessalonisense 1:2-8 – “Net so weet julle hoe voorbeeldig ons optrede by julle was – ter wille van julle. En julle het ons navolgers geword . . . met die gevolg dat julle ‘n voorbeeld vir al die gelowiges in Masedonië en Agaje geword het.” Daarom moet ons verstaan dat die evangelie veel meer as net woorde is.

Aristoteles gee vir ons drie kosbare sleutels: Etos, Patos en Logos. Kom beleef Sondag saam met ons die groot waarheid: Die evangelie is veel meer as net woorde. Kliek hier om 'n erediens by te woon. Jy kan ook die dienste luister en kyk op die webblad en Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal.

Sondag se deurkollekte gaan vir 4 Lines Sports Coaching

Top