Vir die wat vir Annette Botha ken, weet dat hierdie woorde haar goed opsom. En nou na 10 jaar as werknemer by Helderberg Gemeente, groet ons haar. Haar “werk” hier was baie meer as net bloot ‘n werk. Haar “omgeehart”, haar empatie met mense en kinders, haar uitreik na ander, hulp aanbied waar sy kan, en weer en weer ‘n klip uit jou pad rol, dienend oral, haar passie vir gebed, is maar enkele van haar kosbare eienskappe. Annette, jy weet nie net van God en Sy Woord nie, maar jy leef ook jou lewe en rig jou lewe ook daarvolgens in. Jy asem dit in en uit.

Annette het destyds betrokke geraak by die kleuterkerk toe haar eie twee dogters nog klein was. Sy het vir Santie Nel, die destydse jeugwerker, bygestaan toe sy met kraamverlof was. Haar hulp was van soveel waarde dat haar betrokkenheid gegroei het, totdat sy 10 jaar terug aangestel is as die persoon wat Familiebediening se administrasie hanteer. Sy was ook die afgelope jaar die Aanbiddingskoördineerder. Haar omgee en ‘n hart vir mense het ook later gegroei tot haar betrokkenheid by die Harmonie-projek waarvan sy tans die projekleier is. In haar eie woorde:>>

“Helderberg was vir my ‘n tuiste en die mense my geestelike familie. Hier het ek beleef wat Dawid in Psalm 84 sê: “Een dag in die huis van die Here is beter as ‘n duisend daar buite.” Op my geestelike reis kon ek ook by Helderberg my hemelse Vader se onfeilbare liefde, genade, geduld, vergifnis en barmhartigheid ontdek en leer ken soos in Psalm 103 staan. Aan elkeen wat my pad gekruis het of ‘n rukkie saam met my op reis was, uit my hart uit DANKIE! “

Annette, ons bid vir jou, Louis en jul pragtige dogters, Annelien en Elouise, die Here se seën toe op julle pad vorentoe. Ons weet jy gaan waar ookal die Here jou rig en lei, ‘n verskil in mense se lewens maak. In die woorde van Ralph Emerson: “Wat agter jou is en wat voor jou is, is onbelangrik in vergelyking met wat in jou is. “ En ons weet die Heilige Gees is in jou en saam met Hom lyk die toekoms vol belofte en nuwe moontlikhede.

Ons mis jou reeds.

Lizl Botha

NS: Annette se vakante pos sal binne die volgende maand geadverteer word.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri