Die jaar 2020 was ‘n groot uitdaging vir ons land en sy mense. Die begin van 2021 was nie veel beter nie. Werksgeleenthede het tot niet gegaan, skole en kleuterskole het toegemaak wat die druk op voedsel voorsiening in die gemeenskappe erg geraak het, kinders wat gewoonlik voedsel ontvang deur die skole voedingsprojek het nou ook by die sopkombuise opdaag vir iets om te eet.

Vir ons Dienssentrum was dit egter ‘n geseënde jaar. Hoe meer ons uitgedeel het, hoe meer het ons Heer voorsien. Besighede, plase, gemeentelede en mense uit die gemeenskap het gesorg dat daar altyd genoeg was vir wie ookal by die Dienssentrum opgedaag het vir hulp.

Ons betrokkenheid strek vanaf Sir Lowry’s Pass tot Eersterivier met verskeie projekte tussen in. Dienssentrum het sy eie projekte en dan voorsien ons ook waar daar nood is aan ons eie gemeentelede, Moedergemeente se lidmate en aan sommige projekte van Uitreik. Tot op hede eet bykans 7 000 mens per week van die voedsel wat uit die Dienssentrum voorsien word.

Vandat die skool gesluit het in Desember voorsien Dienssentrum nie net groente en maalvleis aan projekte nie, maar voorsien ons ook aan vyf van ons projekte pap, melk en suiker vir die kinders.>>

Buiten die kos wat ons weekliks aan die gemeenskap gee voorsien ons ook waar dit nodig is aan die kinders klere en skoene op ‘n gereëlde basis. Ons verskaf ook huisraad, beddegoed, klere en skoene aan mense wie se huise afgebrand het.

Die Dienssentrum se bakkie ry 7 dae per week om by verskeie plekke skenkings op te laai. Daar is vyf vrywillige omies wat vir ons ry. Baie dankie aan hulle en ook aan Westerncape Lubricans vir die borg van ons wiele. Ons maak gebruik van vrywilligers om die skenkings te verdeel en dan te verpak voordat die projekte dit kom oplaai. Baie dankie vir elkeen wat tyd spandeer in die Dienssentrum.
Sonder ons donateurs sal die Dienssentrum nie bestaan nie, baie dankie aan...
Spar Helderview
Spar Helderbosch
Romans Pizza Strand en Somerset-Wes
Woolworths Waterstone
Cobus van DeliVeg
Deon van Anysberg biltong en deli
Checkers Sitari
Gemeentelede

Eendag vra een vrou vir ‘n ander, ‘Hoe is dit dat jy steeds so baie het, terwyl jy so baie weggee?’ Waarop die vrou antwoord, ‘Soos ek uitskep, skep God weer in en Hy het ‘n baie groter graaf as ek’.

Yolandè Kennedy 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri