Die Makwe Missie Projekspan kan bevestig dat die Sendingstasie op Quionga, Mosambiek, wel op Vrydag 19 Februarie 2021 deur insurgente aangeval is as deel van ‘n aanval van die dorp. Daar kan bevestig word dat groot dele van die gebou-infrastruktuur afgebrand is. Ons is tans besig om meer informasie in te win en soos duidelikheid verkry word oor die situasie in Quionga sal verdere aankondigings gemaak word. Die Thiart-egpaar is veilig in Suid-Afrika.
Ons vertrou dat julle die sensitiwiteit van die situasie sal respekteer en alle navrae direk aan die Makwe Missie Projekleier, Nick Olivier, te rig per epos by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..