Ons arms is nooit leeg nie...
Helderberg Babas ondersteun Werner en Tania Schultz om as tydelike veilige sorg ouers babas in te neem wat sorg en beskerming nodig het. Die babas is babas wat wag op aanneming en ons versorg hulle tydelik totdat die baba wetlik aanneembaar is. Dit kan ‘n tydperk van ongeveer 4 tot 6 maande wees.

Kyk ons terug oor die afgelope jaar, staan ons in verwondering oor die Here se tydsberekening in die tot standkoming van Helderberg Babas. Waar baie bedieninge gedurende die pandemie nie met hulle normale uitreike kon voortgaan nie, was ons in ‘n posisie om babas in nood in te neem en die nodige liefde en versorging te bied.

Sedert Februarie 2020 het ons tien babas in tydelik veilige-sorg geneem, waarvan 2 mikro preemies was wat minder as ‘n kilogram elk by geboorte geweeg het. Vyf van die babas is die afgelope jaar by aanneemouers geplaas, twee is terug na die biologiese families en ’n verdere drie babas wag tans op aanneming. Een van die drie babas, ’n pragtige dogtertjie van drie en ‘n half maande, gaan op Maandag 8 Maart na haar aanneemouers. Op dieselfde dag sal ons ’n nuwe seuntjie wat reeds ‘n maand oud is, in ons sorg verwelkom. Ons sal dan drie seuntjies, almal onder die ouderdom van 7 weke, versorg.>>

 Ons dank die Here vir elke vrywilliger wat weekliks inkom en wat die babas met soveel liefde en toewyding versorg deur bottels te was en steriliseer, doeke te ruil, babas te voed en aan die slaap te sus. Die liefde waarmee die babas versorg word gaan nie ongemerk verby nie.

Een van die aanneemouers wat in Januarie ‘n vier maande oue seuntjie aangeneem het, wat net ses dae oud was toe hy by ons kom bly het, het die volgende dankie-kaartjie geskryf:

To all our baby’s carers. Thank you so much for the love and care you’ve shown this boy! We couldn’t hope for more wonderful people! We thank you from the deepest place in our hearts.

Buiten vir die vrywilligers wat babas daagliks versorg was daar ook die afgelope jaar kundiges wat hulle dienste gratis vir ons aangebied het. Ek dink aan die klinieksuster, ’n oudioloog, ’n arbeidsterapeut en fisioterapeut en ’n professionele fotograaf wat van elke baba kort na hul aankoms by ons kom afneem het. Ons is baie dankbaar teenoor elkeen van hulle wat hul tyd en kundigheid gegee het om ons babas te help. Baie dankie ook vir elkeen wat finansieel of deur die skenking van babaklere, kombersies en doeke ’n bydrae gemaak het.

Ons benodig tans die volgende:
- Pampers no 2 weggooidoeke
- Lactogen 1 formule melk
- Baba-afveedoekies – enige maak, maar verkieslik “sensitive”
Produkte kan by die kerkkantoor afgegee word.

Ons wil graag voortgaan om in 2021 die groeiende nood aan die versorging van dié kosbare babas te help aanspreek en so deel te wees van God se plan om kinders en ouers deur aanneming in gesinne by mekaar te bring.

Projekleier: Karin Alheit 082 909 0204/ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Helderberg Babas bestuurder en Tydelik Veilige Sorg-ouer: Tania Schultz 0847170660/ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri