Stel jou voor daar is ʼn stad met duisend inwoners tussen ouderdomme van 30 en 40. Die inwoners kom van baie lande, kulture en van verskillende godsdienste.

Baie vreemdelinge in die stad het baie opofferings gemaak vir ʼn beter opvoeding en toekoms. Hierdie stad word die Universiteit genoem en internasionale studente is die toekomstige leiers van lande. In 2020 was daar meer as 4 200 internasionale studente van 110 lande op Stellenbosch.

Na hul aankoms in die R.S.A voel baie oorweldig deur die onbekende omgewing en kultuurverskille. Alle mense het behoefte om êrens in ʼn gemeenskap te behoort, waar hulle sinvolle kontak het met ander mense. “FANS” (Friends of All Nations Stellenbosch) ondersteun internasionale studente emosioneel en geestelik tydens hul studies. Sosiale isolasie lei tot negatiewe welsyn van ʼn persoon.>>

ʼn Engelstalige erediens en Bybelstudies bied ʼn geestelike tuiste vir studente. Ds Jurie en Magdaleen Goosen, hul projekspan en helpers is verantwoordelik vir internasionale studente bediening. ʼn Groep bied ondersteuning aan vroue van internasionale studente. Die ontwikkeling van leiers en dissipelskap is belangrike prioriteit van arbeid.

Omstandighede op kampusse het drasties verander met die virus pandemie en wyses om internasionale studente te bedien, moes aanpassings maak. Tydens die globale krisis het baie ervaar dat hul wêreld omgekeer het. Die grendeltyd het gelei tot gevoelens van geestelike isolasie. Sommige studente het afgesny gevoel van God en hul plek van aanbidding.

Meeste internasionale studente soek betekenis, hoop en sin in ʼn verwarde wêreld. Baie is besorg oor die toekoms en die krisis lei tot ernstige vrae oor God en lyding. Daar is ʼn groter ontvanklikheid vir die hoop van Christus tydens die pandemie. Baie soekers word eers aangetrek na ʼn gemeenskap van gelowiges, voor hulle na Christus aangetrek word. Hulle wil eers êrens behoort, voor hulle geloof in Christus bely.

Die geloofsbediening bly diep afhanklik van welwillende donateurs. Baie dankie vir die bydraes tot die bedieningsuitgawes en lewensonderhoud van die Goosens. Die projekspan het behoefte aan lidmate wat deeltyds kan help met bemarking, kommunikasie en as koördineerder vir gebed.

Henri Nouwen skryf in sy boek, “Reaching Out”: “ Hospitality means primarily the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend. Hospitality is not to change people, but to offer them a space where change can take place”

Kontak die projekleier Hans Krijt by 082 333 8008 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Jurie en Magdaleen Goosen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri