Dis Sondag 28 Maart die Seniorsorg-projek se beurt om te vertel van ons uitreikprojek!

Ons is 12 lede wat intens gemoeid is met die seniorburgers van die gemeente, asook die inwoners van drie tehuise vir bejaardes, nl. Huise Marie Louw, Huis Esperanza en Zandvliet Care Center. Vroeg in 2020 het ons al ons kuiers by die tehuise beplan, asook flink aandag gegee aan wenslysies van die tehuise. Bloeddrukapparaat, haardroërs en breekgoed is aangekoop en afgelewer. Met die koms van grendeltyd was ons besoeke totaal opgeskort. Aan elke tehuis het ons ‘n bedrag geld geskenk om hulle te ondersteun met die skoonmaak en sanitering, asook verskaffing van maskers aan die personeel.>>

Plaaslik het die span by drie geleenthede seniorburgers in die gemeente geskakel om hulp aan te bied. Tydens die grendeltyd het ons ook eetgoed gereël vir die personeel en inwoners van die tehuise. Dit was vir ons hartsverskeurend om nie ‘n besoekie te mag bring nie, wetende dat die inwoners tot hul kamertjies beperk is vir elke uur van die dag. Maandeliks ondersteun ons ook die tehuise om hulle te help hulle begrotings te laat klop.

Ons groot visie is om so gou moontlik al die agterstallige besoeke te kan inhaal as dit haalbaar is met die beleid van die bestuur van die tehuise. Vir elke behoeftige inwoner wil ons graag ‘n pakkie gee die winter wat insluit nuwe wit onderklere (groottes medium of large), ‘n pak warm wintersnagklere en pantoffels. Die tehuise ontvang heelwat tweedehandse klere, maar weens COVID beperkings moet onderklere nuut wees in ‘n verseëlde pakkie. Indien jy ook ‘n hart het vir ons bejaardes, maak asb ‘n pakkie op, merk dit vir Seniorsorg, aandag Ina van Niekerk en handig dit asb in by die kerkkantoor.

Aan al ons donateurs wat ons deur die jare ondersteun het, al die projekleiers wat ‘n oop hand gehad het vir Seniorsorg in grendeltyd, sê ons net baie baie dankie. Bowenal vra ons dat die gemeente Seniorsorg deurlopend aan die Here sal opdra.

Seniorsorg-projekspanlede, julle warm hartklop verseker die dinamika van Seniorsorg.

Navrae kan gerig word aan:
Ina van Niekerk by 082 578 9893 of Marita Human by 079 677 6335

Foto: Links is 'n besoek aan Frieda Jordan (97) en regs is 'n besoek aan Danie Krynauw (91)

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri