Twee gemeentelede van Helderberg Gemeente sal in Mei aan die Red-’n-plaas-Camino deelneem om bewusmaking te doen oor die feit dat die droogte in die Noord-Kaap nog nie gebreek is nie, en om geld vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek in te samel.

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek, sal van 8 tot 22 Mei die Boesmanland Camino, wat oor meer as 300 km strek, saam met ’n groep stappers met dieselfde doel aandurf.

Volgens Hannes, lê die landbou hom na aan die hart, en vind hy die droogte en die uitwerking daarvan op gemeenskappe en gemeentes baie ontstellend.
“Die droogte is soos ’n boom wat val. As die boom val, beteken dit nie net daar is nou vuurmaakhout nie. Die voëls verloor hul tuiste, die insekte verloor hul kos, die eekhorings verloor ’n boomstam en bokkies verloor hul skadu teen ’n fel son.

“Ek stap die Camino om ’n eerstehandse begrip van die droogte te kry, om vir die gemeenskappe te bid, hulle te bemoedig, en om te wys ek gee om.”>>

Nioma Venter, PSD: Diaconia, verduidelik dat die Red-’n-Plaas-Camino ’n gesamentlike inisiatief van die Noord- en Wes-Kaapse sinodes is.

“Die provinsiale en sinodale grense stem nie ooreen nie, en sowat 10 gemeentes in die mees droogtegeteisterde gebiede van die Noord-Kaap is inderwaarheid deel van die Wes-Kaapse sinode.

“Die Red-’n-plaas-Camino het twee oogmerke: fondsinsameling, maar primêr dan ’n getuieniskarakter. Ons wil onbeskaamd getuig dat die NG Kerk omgee en iets probeer doen.”

Die Red ’n plaas-projek van die NG Kerk in Noord-Kaapland en Caritas Gemeenskapsfokus NPC bied onder meer ’n 24-uur noodnommer wat enige tyd deur boere, hul gesins- en familielede, werkers en dié se gesinslede geskakel word. Hier word praktiese raad deur gekwalifiseerde beraders verskaf, asook emosionele bystand. Mense kan ook verwys word vir humanitêre hulp deur hierdie nommer te skakel.

Sedert die fonds se ontstaan in November 2019 is R4,6 miljoen aan 20 gemeentes oorbetaal vir humanitêre hulpverlening aan boere, hul gesinne en plaaswerkers. Om te help met studente en leerders se studie- en koshuisgelde is R2,6 miljoen tot op hede aan die studentedroogtehulpfonds (SHDF) oorbetaal.

Gemeentelede kan oorweeg om die stappers per km te borg, of kan ’n eenmalige finansiële bydrae maak by Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, reknr. 9114 483 080, takkode 632005. Gee as verwysing “DROOGTESTAP” en kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. indien jy ’n belastingsertifikaat benodig. Die finale bedrag sal dan eenmalig na die Red ’n plaas-fonds oorbetaal word.

Hou die gemeente se webblad en sosiale mediakanale dop vir meer inligting of om die stappers te volg en saam te bid.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri