'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons het hom hoor preek, gesien op Facebook en YouTube, maar nou wil ons nog bietjie meer weet van Deon Els. Lees gerus die stukkie wat hy geskryf het oor homself en sy familie.

Wie is die Else?
Vir almal wat wonder, ons is ongelukkig nie familie van Ernie Els nie. Ek het ’n liefde vir die sport, maar sonder besonderse talent. Ek en Liesel het mekaar as studente by Tukkies ontmoet en is in 2012 getroud. Liesel is ’n pediatriese fisioterapeut wat spesialiseer in die neurologiese ontwikkeling van kinders en babas. Oor die laaste 5 jaar het sy ’n praktyk opgebou in Gqeberha (Port-Elizabeth) wat 3 hospitale se neonatale intensiewe sorg eenhede behandel het. Ons het twee dogters, Olivia (3 jaar) en Emily (4 maande) wat ons lekker aan die gang hou. As gesin geniet ons dit om te kamp en gaan stap graag met ons honde. Twee groot passies in ons huis is branderplankry en fietsry. Ek luister graag Spoegwolf en sal nog eendag ’n vertoning in die botaniese tuin wil bywoon.>>

Wat is my storie?
Ek en my broer, Ryno (predikant van Toringkerk in die Paarl), is bevoorreg om ouers te hê wat met oorgawe leef vir Jesus. Sommige Sondae het ons selfs twee oggend-eredienste en een aand-erediens bygewoon. Ten spyte hiervan het ek as tiener gestoei om tuis te kom in die kerk, sowel as in my verhouding met Jesus Christus. As ek terug kyk op my pad het die Here aangehou om toegewyde gelowiges oor my pad te bring. Een so persoon is Paul Barnard wat my gehelp het om te sien dat dit ‘n wêreld gebroke is, maar dat God se liefde groter is. As tiener het ek besef dat die Here my roep vir voltydse bediening. Ten spyte van ’n sterk oortuiging het ek besluit om eers ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria te begin studeer. Aan die einde van my eerste jaar het ek ingeskryf vir Teologie met die plan om later weer aan te gaan met Bedryfsingenieurswese. In 2012 voltooi ek ’n Meestersgraad in Teologie aan die Stellenbosch Universiteit en in 2017 ’n doktorsgraad in konflik bestuur en resolusie.

Hoe het jou roeping jou al gevorm?
As tiener het ek besef dat elkeen van ons God se plan vir die wêreld is. Die kerk is God se geskenk aan die wêreld van waar Hy genade, liefde en hoop uitmors oor alle mense. En so het ek as tiener nie net begin dien in die kerk nie, maar ek het lief geword vir God deur die kerk. As studente het ek en Liesel op Vrydae-aande ’n projek gehad waar ons met kinders en tieners tyd spandeer wat in veiligheid sorg geplaas is. En dit is hier tussen soekende en gebroke jongmense waar ek die grootheid en liefde van God kon sien werk. Jare later sit ek en Liesel by ’n vertoning in Nelson Mandela stadion toe daar ’n jong Xhosa vrou voor ons kom staan. Die trane rol oor haar wange. Sy is een van die jongmense wat jare terug op Vrydae-aande saam met ons die pad gestap het. Vandag studeer sy voltyds om ’n maatskaplike werker te word.

Wat is jou droom vir families in Helderberg?
Die wonderlike nuus is dat daar nie iets soos ’n perfekte familie is nie. Familie-wees kan moeilik wees. Familie-wees kan soms rof raak. Ons moet sag omgaan met mense se stories. Die goeie nuus is dat ons as Helderberg Gemeente veilige ruimtes wil skep waar God alle mense kan kom ontmoet. Ek vang myself gereeld bid dat elke kind, tiener en ouer in Suid-Afrika ten minste net een persoon sal ken wat met oorgawe lief is vir Jesus Christus. Ek glo dat die kerk ’n belangrike rol in die toekoms van Suid-Afrika speel. Elkeen van ons het ’n storie en God wil ons as ouers, voogde, oumas, oupas, ooms of tannies in die lewens van ons familie gebruik. Bid saam met ons vir God se leiding. Jy is welkom om met ons kontak te maak. Ons deur staan oop.

Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri