'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons besef met dankbaarheid dat die Covid 19-inperkings ander geleenthede vir Uyavula gebied het om Jesus se liefde deur boeke en stories na kinders te neem. Voorheen het Uyavula-vrywilligers dit hoofsaaklik deur voorlees in 50 Grondslagklasse in gemeenskapskole, asook vir individuele kinders en by 5 leesklubs gedoen – ongeveer 2 490 kinders is bereik. Die toewyding en liefde van die vrywilligers het veroorsaak dat ons in 2020 onverwags met ‘n ATKV Veertjie vir Leesbevordering, geseën is. Dit is welverdiende erkenning aan ons vrywilligers en alle ander wat gedurende die voorafgaande 9 jaar ‘n bydrae gelewer het.

Sedert Maart 2020 is dit ‘n ander storie; besoekers word nie by skole toegelaat nie. Hierdie kinders wat feitlik almal sonder kinderboeke en stories grootword, ontbeer nou ook die liefde, aandag, asook die “leeslekkerte” wat “ooms” en “tannies” verskaf; ‘n terugslag wat hulle verder benadeel. Ons besef dus dat die insameling van kinderboeke vir elke klaskamer se leeshoekie sodat baie kinders maklike toegang tot boeke kan kry, ‘n nog groter prioriteit is. Versoeke van die opvoeders en hul dankbaarheid vir boekeskenkings, bevestig die noodsaaklikheid daarvan.>>

Intussen het nog instansies en skole ons genader vir begeleiding met hul leesbevorderingsaksie en vir kinderboeke. Op versoek van ‘n skool, lees ‘n paar vrywilligers vanaf Maart vanjaar, weekliks vir ‘n kind met ‘n agterstand.

Begin 2021 verloop die boekinsameling stadig, gevolglik loods Uyavula in Februarie die “Biljoen Besondere Boekeveldtog” wat tans goed ondersteun word. Dit skep die geleentheid vir Uyavula-vriende asook skoolkinders by die plaaslike skole, om pragtige boeke en donasies te gee. Ja, so kry ‘n verskeidenheid mense wat nooit in ‘n klas sou kon voorlees nie, die kans om betrokke te wees.

Ondersteuning aan skole en onderwysers is belangrik en danksy vrywilligers se hulp, is dit tans nog meer uitvoerbaar. Dankie aan almal wat reeds meewerk om ‘n verskil te maak – ons nooi ook graag ander om betrokke te raak. Sonder julle voorbidding en hulp, sal Uyavula nie vanjaar:
 netjiese gebruikte en nuwe kinderboeke kan insamel en versprei nie
 vir individuele kinders kan lees en bemoedig nie
 die opvoeders kan ondersteun, en
 weer kan voorlees (hopelik) in klasse nie.

Projekleier: Adéle Botha, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., 0725422563
Koördineerder: Amanda de Villiers, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., 0823261396
Facebookblad: The Uyavula Reading and Writing Project

 

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri