'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Karen de Beer is ‘n nuwe aanstelling as Maatskaplike werker vir Onderlinge Sorg (Versorgingsfonds). Ons het haar gevra om so ietsie van haarself te vertel:

Ek is gebore en getoë in Worcester en is hart en siel ‘n Bolander.

My loopbaan in Maatskaplike werk het begin by die destydse SAPD in die Paarl en na 3 jaar het ek my eie privaatpraktyk gehad vir 10 jaar in die Paarl en gespesialiseer in Kinderassesserings en spelterapie. Na my huwelik het ons verhuis na Pretoria, my man se tuisdorp en was daar woonagtig vir ongeveer 20 jaar. In Pretoria het my loopbaan begin as maatskaplike werker by die NG Kerk Lyttelton; waarnaas ek ‘n pos aanvaar het by Universiteit Pretoria waar ek gespesialiseer het in trauma berading.

Die laaste paar jare in Pretoria het ek ‘n pos aanvaar as Departementshoof van “The Glen High School” se beradings-afdeling – hier het ek verder gespesialiseer in die ontwikkeling en toepassings van lesenswaardigheid programme vir tieners.>>

My man, Kobus, is verbonde aan Hyprop-Investments waar hy ‘n operasionele bestuursposisie beklee. In November 2019 het ons die geleentheid aangegryp toe hy ‘n oorplasing vanaf Woodlands Mall, Pretoria, na Somerset-Wes Mall aangebied is.

Ek het geen twyfel daarin dat ek geroepe is om betrokke te wees by die mens in nood nie. Dwarsdeur my loopbaan as maatskaplike werker het die Here spesifieke deure vir my oopgemaak en my opdrag gegee om ‘n verskil te gaan maak. Ek is baie opgewonde om betrokke te kan wees by Helderberg Gemeente en dit is my droom om steeds hoop te kan gee aan ons gesinne wat in stukkende en verwerpte omstandighede leef.

Karen de Beer

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri