Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Ons visie is missionêr met die intensionele evangelisering en dissipelmaking van onbereikte volkegroepe met die oog op Koninkrykuitbreiding en kerkplanting in Sri Lanka. Ons doen dit saam met ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka (CRCSL).
Helderberg Uitreik het reeds sedert 2003 ‘n kosbare verhouding en vennootskap met die CRCSL. Die vennootskap sluit 3 sending bedienings in op verskillende gebiede op die eiland. Albei bedieninge val 100% in met die visie. Mense word bekeer vanaf Boeddisme-, Hindoeisme- en Moslem gelowe in onbereikte gebiede. Die ondersteuning behels gebeds-, emosionele- en finansiële ondersteuning. Met laasgenoemde betaal ons die plaaslike evangaliste se salarisse en bedieningsuitgawes.
Albei bedieninge brei in so ‘n mate uit dat nog gemeentes gestig is en word. Nie-gelowige kinders wat by programme inskakel asook nie-lidmate neem deel aan aktiwiteite. Tans word daar by een van die bedienings van skole en huise gebruik gemaak om byeenkomste en eredienste te hou.
Bo en behalwe die Sondag eredienste is daar ook Sondagskool, pastorale versorging, jeugprogramme, Engelse klasse, rekenaarklasse, naaldwerkklasse, gratis mediese kampe (klinieke), Engelse- en Sinhala-klasse, klasse vir Skoonheidsdeskundiges en armoedeverligting vir weeskinders. Hoenderboerdery-klasse, groepe vir alkohol afhanklikes, geletterdheidopleiding en seminare vir egpares vind ook plaas. Die inisiatiewe is almal intensionele klasse wat ook deur nie-gelowiges bygewoon word ten einde hulle in die kerk in te nooi. Binne die kerkgebou kan evangelisering vrylik plaasvind, maar nie enige plek buite die gebou nie weens die Anti-Conversion Law. Daar vind soms inmenging plaas deur Boeddhiste en Hindoes wat probeer keer dat mense die Christen geloof aanneem.
Gesprekke en kommunikasie met die CRCSL word deurgaans gehou met die leraars. Daar is totale eensgesindheid tussen Helderberg Uitreik en die CRCSL en die ooreenkomste word gereeld opgedateer en verleng.
Samevatting
Mense kom tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap investeer en die kerk groei. Die gevolgtrekking word gemaak dat plaaslike leraars wat die taal en kultuur baie goed ken die mees effektiewe manier is om die Koninkryk uit te brei, dissipels te maak en die gemeenskap te dien. Hulle is kreatief om kinders en volwassenes by die aktiwiteite van die kerk te betrek en bedien hulle dan ook met die Woord.
Die Sri Lanka Projekspan bedank graag Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik vir die gebeds-, emosionele- en finansiële ondersteuning. Alle eer en dank aan ons Here!!
Kontak gerus die projekleier, Paul Kilian, vir enige navrae, belangstelling en betrokkenheid
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Wimpie van Dyk – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- dat ons vir mekaar ook kan lief wees
- dat ons met die daad kan liefhê
- vir U Gees wat U aan ons gegee het
Rou:
Marietjie du Plessis is oorlede, ons dink aan haar familie.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
En dit is sy gebod: Dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo, en mekaar moet liefhê volgens die gebod wat Hy aan ons gegee het. 1 Johannes 3:23
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus