As gemeente is die gesondheid van elke lidmaat en personeellid vir ons belangrik. Ons wil ʼn gemeente wees wat verantwoordelik optree in die bestryding van die Covid-pandemie.
Die kerkkantoor is die administratiewe hartklop van die ons gemeente. As voorsorg is die besluit geneem om ons kerkkantoor slegs fisies te sluit vir die volgende 14 dae. Dit beteken dat ons steeds ten volle operasioneel en toeganklik is. Ons ontvangs, personeel en predikante is ten volle operasioneel en beskikbaar. Jy is welkom om met ons kontak te maak. Ons is net ‘n epos of oproep vêr. Ons bly in gebed vir elke gemeentelid in hierdie tyd. Besoek gerus ons webblad of Facebookblad vir meer inligting. Algemene epos is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..