Dis Oktober – die mooiste maand! Die pragtige kleure en heerlike geure van lente in die Kaap maak ons met reg opgewonde. Nie vir almal van ons nie, want in Covid-tyd het party mense wat siek word hulle reuksin verloor. Hulle mis die opgewondenheid en die vreugde van die heerlike geure van ons lewe.
Dit lyk of sommige van ons se geestelike reukvermoë en ons opgewondenheid oor die lewe en die geloof in Jesus in die tyd ook skade gely het. Dit hoef nie so te bly nie. Daar is soveel vreugde in die aangename geur van Jesus se liefde. Dit is letterlik die aangename “geur van hoop” wat ons almal in hierdie tyd so nodig het.
Kom ruik Sondag saam! Ons lewende eredienste is Sondag 09:00 en 19:00. As jy nie daar kan wees nie, kan jy ook na ons YouTube boodskap kyk of inskakel op die direkte uitsending.
– Danie Möller
Die deurkollekte gaan vir Magdalena Huis.