Waar Behoefte Bestaanfonds van Helderberg Uitreik
Die Waar Behoefte Bestaanfonds van Helderberg Uitreik is ‘n steunfonds vir die projekte van Helderberg Uitreik. Dit staan onder die bestuur van die Uitreikbedieningspan/Uitreikbestuur. Die uitreikprojekte kan aansoek doen om ondersteuning daaruit.
Projekte wat in die huidige boekjaar reeds ondersteuning ontvang het, is die projek vir Haweloses; Phambili Gemeenskapsontwikkelingsprojek; Uyavula Lees-en-Skryfprojek; Pêrel Projek; Internasionale Studentebediening; Makwe Missie en die Colours of India projek.
Baie dankie vir jou kosbare ondersteuning vir hierdie fonds wat die volhoubaarheid van die projekte verseker.