Kom gesels gratis met ‘n mediese dokter by die Beradingsentrum oor jou onsekerhede of vrese. Met jou toestemming verkry ons die uitslae en bespreek wat om te verwag voor, tydens en na die tyd. Die fokus is om jou emosioneel te ondersteun, geen mediese dienste word dus voorsien nie.
Verder nooi ons jou uit om ons in kennis te stel van familie of vriende wat gesonheidsuitdagings beleef. Ons span omgee-mense wil graag ondersteuning bied in die vorm van hospitaal- of tuisbesoeke.