By Familiebediening streef ons met die verskillende bedienings om vir ons kinders, jongmense en ouers ‘n veilige ruimte te skep vir deelname, bekering, uitreik na ander in nood en geestelike groei, om so die opdrag van dissipels maak te gehoorsaam. Ons bedienings vind plaas tydens die informele diens, behalwe die Tienerkerk, wat in die aand is. 

Pienkvoete (peuters 1 – 3 jaar) in Korinthe:
Die Pienkvoete lokaal is klankdig en kindervriendelik ingerig waar 1 – 3 jariges heerlik kan speel terwyl die ouers die diens op ‘n groot skerm kan volg. Daar is speelgoed, legkaarte, storieboekies en vele meer om kinders mee besig te hou.

Peuter- en kleuterkerk in Efese en Korinthe:
Ons kleuters, 3 – 4 jaar en 5 – 6 jariges, word in aparte klassies bedien met God se Woord, hulle sing en doen aktiwiteite wat aansluit by die Bybelles. Daar word ook genoeg tyd ingeruim vir speel en 'n sappie te drink in die speelpark.

Kiddiekerk (graad 1 - 3)
Die Kiddiediens word in Joppe gelei deur ons jeugwerker, Lizl Botha. Die kinders verdeel ná die diens in kleingroepe en gaan dan na verskillende lokale waar hulle op 'n meer persoonlike vlak gefasiliteer word deur groepleiers.

Tekkiekerk (graad 4 - 6)
Die Tekkiekerk word in die Jeugsentrum gelei deur verskillende aanbieders onder leiding van Uli Barnard. Die kinders verdeel ná die diens in kleingroepe en gaan dan na verskillende lokale waar hulle op 'n meer persoonlike vlak gefasiliteer word deur groepleiers.

Tienerkerk (graad 7 – 12)
Ons Tienerkerk word saans om 18:00 gelei deur ons leraar Deon Els. Die jongmense verdeel om 19:00 tot 20:00 in dissipelskapgroepe wat deur ‘n graadfasiliteerder en groepleiers gefasiliteer word. Die jongmense is ook welkom om vanaf 17:30 in die Tent saam te kuier. Kliek hier vir die registrasievorm van belydenis van geloof.

Al hierdie bedienings is afhanklik van die betrokkenheid van ons ouers, so kom gerus en meld aan.

   

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri