Hierdie nuutste projek van Helderberg Uitreik spruit uit die Kortuitreik wat in Maart/April 2019 plaasgevind het. Aangeraak deur die nood van die slum-kindertjies in Phuket en die werk van die Asia Center Foundation (ACF), het die span onder leiding van die Heilige Gees eenparig besluit om die projek te registreer.

ACF fokus op die armstes van die armes en die weerlose kinders van die Thailandse eiland, Phuket. Hulle volg ‘n holistiese benadering wat skoolonderrig, voeding, sport, evangelisering, maatskaplike dienste, beveiliging van die kinders, jeugaksie met tieners en ‘n beursfonds vir hoërskoolleerders insluit.>>

Die personeel en kinders kom uit ‘n nie-Christelike geloofsgroepe en -filosofieë, maar deur dissipelmaking en evangelisering, asook jare se toewyding van direkteur Roelien Muller, het heelwat personeellede en kinders vir Jesus ontmoet en aanvaar. Hulle het pas in hulle splinternuwe skoolgebou getrek en is opgewonde oor die nuwe fase van die projek.

Die projekspan het diep bewus geword van die opofferings wat Roelien Muller, die Suid-Afrikaner wat die bediening in Phuket 19 jaar gelede as ‘n enkelouer met ‘n jong kind begin het. Veral ook die omstandighede waarin sy tans woon en werk. Hulle het besluit dat die ondersteuning van Roelien as mens; fisies, geestelik en emosioneel, hulle eerste prioriteit sal wees. Die span sal haar ook bystaan met onderwyskundigheid, praktiese hulp, advies, leiding en enige ander hulp en kundigheid benodig.

Die span sal van tyd tot tyd ook kortuitreike na Phuket onderneem om hulle visie verder uit te bou.

Projekleier: Elsa Rinquest 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri