Helderberg Uitreik is welbekend met Andre en Anna-Marie Thiart wat werk onder die Makwe mense groep in Quionga, Noord-Oos Mosambiek. Dit is met groot opgewondenheid om aan te kondig dat hulle projek wat bekend staan as “Makwe Missie” nou amptelik ‘n projek by Helderberg Uitreik geregistreer is.

Die Makwe Missie se bediening word uitgevoer deur vriendskap, onderrig en diens aan die gemeenskap. Hierdie vriendskap bediening laat die Andre en Anna-Marie toe om by verskillende aktiwiteite in die gemeenskap betrokke te raak en hierdie verhoudings skep geleenthede om te getuig oor die Here se genade en redding.

Ons weet dat fisiese grense nie die uitbreiding van die Koninkryk van die Drie-Enige God terughou nie en hierdie is nog ‘n goeie voorbeeld daarvan. Die projekleier van Makwe Missie, Nick Olivier, saam met sy gesin, Wilma en Christo, is nou lidmate van Helderberg Gemeente al bly hulle nog in Pretoria.

Bydraes na hierdie projek kan gemaak word na die Helderberg Uitreik bankrekening (Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, Rek nr 9114 483 080, Takkode 632005) met die verwysing “Makwe”.

Vir meer inligting besoek gerus die Makwe Missie webtuiste by https://www.mission4x4.co.za/MakweMission. Op die foto is links Wilma en Nick Olivier met Andre en Anna-Marie Thiart.
Nick Olivier

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri