Projekleier: Anton Engelbrecht
Ons streef daarna om mense met fisiese- en/of verstandelike gestremdhede in die Helderberg-kom se lewenskwaliteit te verbeter deur instansies, naasbestaandes en personeel wat hierdie gestremdes versorg, op geestelike, finansiële en persoonlike vlak te ondersteun. Bewusmaking en destigmatisering van gestremdheid geniet ‘n hoë proriteit ten einde dit vir persone met gestremdhede makliker te maak om aanvaarding en ook selfverwesentliking in die breër samelewing te vind.
Hierdie projek skoei hul werksaamhede op die wysheid van Nelson Mandela wat gesê het: “ Wanneer ons ons lig laat skyn, laat ons ander onbewustelik toe om dieselfde te doen “
Die projek se doel is om 'n verskil te maak in die lewens van gesteremdes, waar die behoefte ookal bestaan.
Om ons hemelkinders, asook volwassenes wat met gestremdheid saamleef, se lewenskwaliteit te verbeter, benodig ons finansiële ondersteuning en tyd en gawes van vrywilligers.