Projekleier: Madelyn Beyer
Sendelinge: André en Anna-Marie Thiart, asook Isaac Gama

Om te kan lees en skryf maak wêrelde oop vir almal. Daarom is dit so belangrik vir die Mosambiek Geletterdheidprojek om die kinders in die afgeleë bosgedeeltes in die noorde van Mosambiek, waar daar geen regeringskole is nie, te leer lees en skryf. Sodoende kry hulle ook toegang tot inligting, kennis en ook die Bybel. Alle onderwys vind op ‘n Christelike grondslag plaas met die Woord van God as basis.

Daar is tans 1 258 leerders ingeskryf by 7 bosskole in die Milange omgewing. Hierdie is skole wat nie deur die regering ondersteun word nie, maar ten volle deur die projek gedra word.

Die projek het ook ‘n kleuterskool op die terrein van die Gereformeerde Kerk van Mosambiek (IRM) in Milange. Die projek werk in noue samewerking met ons vennoot, die IRM. Tydens die inperking weens Covid-19, was die meeste bosskole gesluit, maar vind onderwys op verskeie elektroniese maniere plaas vir leerders wat toegang het daartoe. Die Mosambiekse regering het besluit om die skole weer gedurende Maart 2021 te open.

Isaac Gama is die direkteur van die projek en koördineer die werksaamhede in Milange. Hy hou toesig oor die curriculum en ook die kwaliteit van die onderwys van die bosskole. Hy het ook ‘n landbou-inisiatief begin om fondse te genereer om die onderwysers se salarisse te help betaal. Die langtermynplan is om ten minste 50% van die onderwysers se salarisse self te genereer deur landboubedrywighede.

Die projek het ook ‘n kleuterskool met ‘n voltydse onderwyser in Quionga in die verre Noord-Ooste van Mosambiek. Die skooltjie word deur André en Anna-Marie Thiart van die Makwe Missie bestuur. Die skooltjie is ‘n wonderlike manier om die gemeenskap van Quionga te bedien en dit is wonderlik om te sien hoe die ouers en gemeenskap betrokke raak.

Mosambiek Geletterdheid maak ‘n langtermyn belegging in kinders se lewens en help hulle om tot onafhanklike volwassenes te groei. Jou bydrae en gebede is baie kosbaar en belangrik. Baie dankie aan die ondersteuners van Mosambiek Geletterdheid.

Gebedsversoeke: Bid asb vir die veiligheid van ons sendelinge met die aanvalle nou in Mosambiek. Bid asb ook vir genoegsame fondse en hulpbronne vir die projek.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri