Soek in Helderberg mark

Bedieningsleier: Elmarie Weyers

Siening en doelstellings

Ons glo dat die Bybel ons oproep om mekaar as gelowiges te versorg (Kol 3, Gal 6:2). Hierdie is ʼn opdrag vir die hele gemeente, maar die Onderlinge Sorg-bediening begelei die gemeente hiermee.

Die bediening fokus op die geestelike, emosionele en finansiële versorging van lidmate. Dit word bereik deur middel van vier sub-bedieninge nl:
- Omgeegroepe en wyke
- Finansiële steun en maatskaplike sorg
- Beradingsentrum
- Gespreksgroepe

1. Omgeegroepe en wyke
Leier: Herman du Plessis

Lidmate maak ʼn keuse hoe hulle in die gemeente versorg wil word.
- Die wyksbediening is ʼn basiese versorging in ʼn spesifieke geografiese area onder leiding van ʼn wyskverteenwoordiger en dienswerkers.
- Die omgeebediening vra ʼn groter verbintenis. Lidmate/gesinne skakel in by ʼn groep van hul eie keuse waar lede gesamentlik ʼn ondersteuningsnetwerk skep.

2. Finansiële steun en maatskaplike sorg
Hierdie bediening help lidmate wat finansieel swaarkry. Elkeen wat aanmeld vir hulp se omstandighede word deur ʼn finansiële raadgewer en maatskaplike berader geassesseer. Die doelwit is om hierdie lidmate te lei tot selfstandigheid dmv:
- maatskaplike berading
- finansiële berading
- kospakkies en finansies vir basiese behoeftes.

Die fondse van hierdie bediening word gefinansier deur die Versorgingsfonds (ʼn fonds wat volledig afhanklik is van vrywillige bydraes van gemeentelede).

3. Beradingsentrum
Leier: Louise Jacobs

Die Beradinsentrum streef daarna om ‘n plek te wees waar individue, gesinne en families van die gemeenskap met emosionele, psigiese en spirituele pyn of nood gedien kan word deurdat hulle ondersteuning ontvang en bemagtig word in die proses van heling. Pastorale hulpwerkers, sielkundiges, psigiater en ‘n regsadviseur stel hullle tyd en vaardighede beskikbaar aan die gemeenskap. Kursusse om pastorale hulpwerkers op te lei en toe te rus word gereeld aangebied en mentoring en supervisie is beskikbaar. Tans is daar die volgende beradingsdienste beskikbaar:
- Depresse- en angssteurnisse
- Egskeidng en huweliksberading
- Sterwensbegeleiding, rou en trauma
- Verhoudings, afhanklikheid en ondersteuningsgroepe (bv Divorse Care, kunsklasse)

4. Gespreksgroep
Hierdie bediening help lidmate wat ʼn behoefte het om oor geloofsake te gesels. Tans word daar gefokus op die senior burgers van ons gemeente. Afsprake word vooraf met lidmate gemaak en persoonlike gesprekke vind by die huise tussen gesprek leiers en lidmate plaas.

Bedieningsleier: Elmarie Weyers

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri