Gebruike die QR-kode om in te skryf of kliek op hierdie skakel: https://forms.gle/6BPqJM6GksNunKrZ6
Kliek hier vir 'n video om jou meer te vertel van omgeegroepe.
Ons glo die hele gemeente aanvaar verantwoordelikheid vir mekaar se versorging. Dit is nie eerstens die leraars of ander gemeenteleiers se verantwoordelikheid nie.
Daar is veral twee bedienings in die gemeente wat hiermee help, naamlik die omgeebediening en wyksbediening. Lidmate maak self ‘n keuse by watter een van hierdie bedienings hulle wil inskakel.
Omgeegroepe
Die omgeebediening is ‘n beter versorgingsmodel, maar vra ook ‘n groter verbintenis van lidmate. ‘n Omgeegroep is ‘n kleingroep van ongeveer 5 gesinne of 10 persone wat op ‘n gereelde basis (weekliks of tweeweekliks) op ‘n tyd en plek van hulle keuse bymekaarkom. Die doel van die omgeebediening is om mekaar te help om die visie van die gemeente op ‘n praktiese manier uit te leef deur:
Enige persoon kan lid van ‘n omgeegroep word. Hy/sy hoef nie eers lid van ‘n kerk te wees nie. Al voorwaarde is dat die persoon bereid moet wees om die verbintenis te maak. Kontak ’n vriend/in wat alreeds in ’n omgeegroep is óf Mariëtte Nel by die kerkkantoor as jy lid van ’n omgeegroep wil word.
Wyke
Die wyksbediening bied ‘n basiese versorging waar lidmate geografies ingedeel en op ‘n wykslys geplaas word. In elke wyk is daar ‘n wyksverteenwoordiger wat as kontakpersoon in die spesifieke omgewing dien. In enkele wyke word daar maandeliks of kwartaalliks byeenkomste gehou.