Leier: Elmarie Weyers

Onderlinge Sorg nooi jou persoonlik uit om die Versorgingsfonds te kontak as jou finansiële en emosionele lewe huidiglik beurtkrag fase 100 beleef. Soos die woorde van die liedjie, “Because you loved me”, wil ons as Versorgingsfonds jou stem wees wat bid, jou  wees wat reënboog aan die einde van tonnel sien en ons wil jou kragopwekker wees sodat jy kan staande bly.

Ons kragopwekking is nie afhanklik van diesel of steenkool nie. Versorgingsfonds se kragkabels is nie van kopper wat gesteel kan word nie. Ons kragtoevoer is afkomstig van duisende miljoen gemeente liefdes-draadjies wat so kompleks geweef word om een onbreekbare liefdeskabel te vorm. Om staatskapping te voorkom word hierdie kabel met dinge soos dank, genade, seën en gebede geïsoleer.

Kom in aanraking met ons deur jouself aan te meld by die kerkkantoor se Ontvangs of kontak die leier. Jy kan ook jou gekose dominee nader of neem een van die Versorgingsfonds se bydra-koevertjies en in plaas van jou geldjie sit jou kontakbesonderhede in en ons sal jou skakel. Merk koevertjie net AFSPRAAK dan bly jou inligting vertroulik.

 Gebruik gerus SnapScan, Versoringsfonds is een van die keuses.

Bankbesonderhede:
Bank: ABSA Bank, Somerset-Wes
Rek naam: NGK Helderberg
Tipe rek: Tjek rek
Rek nr: 2900 590094
Takkode: 632 005
Verwysing: Versorgingsfonds

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri