Soek in Helderberg mark

Die dagbestuur neem daarvan kennis dat verskeie gemeentelede e-posse ontvang het waarin ’n paar Helderberg lidmate hulle bekommernis uitspreek oor die NG Kerk se standpunt oor selfdegeslag verhoudinge en waarin lidmate gevra word om hul spesifieke saak te ondersteun. In die lig hiervan wil die Dagbestuur van die Kerkraad die volgende deurgee:

• Ons bely ons onwrikbare geloof in God Drie-enig: Vader, Seun en Heilige Gees. • Ons aanvaar die Bybel as die Woord van God en wil ons lewens daarvolgens rig.

• Ons erken die integriteit van elke gelowige wat Jesus Christus as Verlosser en Here bely.

• Ons erken dat lidmate oor die saak van selfdegeslag verhoudinge verskil, maar wil in hierdie onseker COVID-19 tyd eerder fokus op dit wat lidmate saam bind as verdeel.

• Ons glo dat die goeie nuus van die Bybel hoop bring in onseker tye.

• Ons glo dat die kern van die evangelie daarin lê dat God die wêreld so liefgehad het dat hy sy Seun Jesus Christus gegee het sodat ons met God versoen kan word.

• Ons bid dat verskille tussen gelowiges nie die getuienistaak van die kerk sal skade doen nie.

• Die kerkraad is tans in proses om aan hierdie saak aandag te gee. Kerkraadslede het vrywilliglik sessies oor die Bybel en skrifbeskouing bygewoon en ’n taakspan is aangewys om met aanbevelings na die volgende Kerkraadsvergadering (24 November) te kom rakende selfdegeslag verbintenisse.

• Besluite sal na die vergadering na die gemeente gekommunikeer word.

• Ons bevestig dat ons nie enige e-pos adresse van lidmate beskikbaar gestel het vir kommunikasie nie behalwe vir ons gemeente se amptelike kommunikasie. Ons is verbind tot die wet op die beskerming van persoonlike inligting.

• Ons glo dat die kerkraad se huidige werkswyse in die beste belang van al ons gemeentelede is, ook die gay gelowiges in ons midde.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri