Ons het gesien hoe God laagtepunte in hoogtepunte verander. Hoe beperkinge nuwe deure oopmaak. Soveel seën op die werk wat gedoen is te midde van vele uitdagings wat oorkom moes word. Ons sien God se voorsiening vir die projekte. Die impak van die projekte in die gemeenskappe waar bedien word. Ons sien God se hand in alles.
Die Uitreikbestuur bring ‘n getuienis van eenheid, vertroue, ondersteuning en ‘n gevoel van “behoort aan” aan die projekte.>>
Ons dank is dus eerste aan ons Vader, dan ook aan Helderberg Gemeente en Somerset-Wes Gemeente wat vir Helderberg Uitreik ‘n tuiste bied. Die Uitreikbestuur bedank elke projekleier, projekspanlid, uitreikpersoneel, vrywilligers, geloofofferbydraers, donateurs, vennote en gebedsvriende. Sonder julle kan ons dit nie doen nie.
Die Uitreikbestuur staan in verwondering oor hoe God die afgelope jaar die werk van Helderberg Uitreik geseën het en vir ons geleenthede gegee het om Sy lig én hoop te dra na ‘n wêreld in nood.
As jy deel wil wees van die Uitreikbeweging, kontak asb Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582.
Foto: Die Uitreikbestuur tydens hulle onlangse strategiese beplanningsessie te Vergenoegd Löw onder leiding van bestuurslid Marius Ungerer.