Strydom Bruwer (61) het ’n beroep aanvaar na die PKN gemeente Kudelstaart (Amsterdam), Nederland en sal DV in Januarie 2022 daar begin. Hy was die grootste deel van sy bediening predikant by Gordonsbaai gemeente (1989-2018). Vanaf 2018 tot 2020 was hy betrokke by Bybelmedia en ook gekoppel aan Helderberg gemeente. Stydom was veral betrokke by die meditatiewe dienste.

Strydom is seker een van die predikante wat die meeste mense ken en hulle name kan onthou. Hy het ’n passie om ’n verskil te maak in die lewens van alle mense. Strydom skryf die volgende gedagtes oor dit wat vir hom vreugde gegee het in die bediening en betekenisvol was: “Die voorreg om met mense ’n pastorale pad te kon stap en in hul lief en leed te deel was van die fasette van my bediening wat vir my baie betekenisvol was. Die feit dat ek lank in die gemeente in Gordonsbaai was, het dit moontlik gemaak om sinvolle verhoudings met mense te bou. ’n Geleentheid wat groot vreugde vir die hele gemeente verskaf het was die inwyding van ons Lofsentrum in Gordonsbaai. Ons meer as 100 jaar oue pragtige kerkgebou in Kusweg, met haar mooi uitsig oor die see, het later nie meer voldoende akkommodasie verskaf vir ’n dorp en gemeente wat vinnig gegroei het nie. Daarom was die bou en inwyding van die Lofsentrum in 2017 ’n vreugdevolle mylpaal en geleentheid.”>>

Jannie le Roux, jarelange kollega in Gordonsbaai getuig dat daar veral drie dinge is wat by Strydom uitstaan: (1) Hy het ’n passie vir die Here en baie sterk roepingsbewustheid; (2) Sy pastorale hart; (3) Die feit dat hy dinge kon voltooi en implementeer. Hy was ‘n goeie organiseerder en bestuurder.

Strydom het ook sy gawes binne die breë kerk gebruik en op verskeie kommissies van die Sinode gedien: Sinodale Jeugkommissie; Voorsitter van Communitas Diensgroep; en Predikante Pensioenfonds (Beheerliggaam en Beleggingskomitee).

Ons wens vir Strydom ’n geseënde bediening in Nederland toe. Mag die Here hom daar gebruik om met sy gawes ’n verskil in God se koninkryk te maak. Mag hy en Marlene dit geniet om naby hul twee kinders (Hendri en Alta-Marié) in Nederland en Luxemburg te wees.

- Danie O'Kennedy

 

 

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri