Ons het ‘n behoefte om te groei in ons verhouding met God. Vir sewe weke gaan ons hele gemeente in gesprek wees met God deur te kyk na die Ons Vader gebed – in ons stiltetyd, gesinne, kleingroepe, eredienste, familiebediening, noem maar op. Ons reis begin op Maandag 24 Januarie en eindig Sondag 13 Maart. Helmut Thielicke het tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n boek oor die Ons Vader gebed geskryf met die tema “Die gebed wat die wêreld omspan.”
Die Ons Vader gebed kan my lewe heeltemal verander; die Ons Vader gebed kan ons gemeente se lewe heeltemal verander; die Ons Vader gebed kan die wêreld waarin ons leef heeltemal verander. Daar is gedrukte boekies by die kerkkantoor/eredienste beskikbaar óf julle kan dit van die gemeente se webwerf aflaai, kliek hier (help ons asseblief om die koste van die boekies te dra deur iets ekstra by te sit by jou dankoffer).
Die volgende sewe temas word behandel: God se teenwoordigheid; Heiligheid; Sy wêreld; Sy wil; Behoeftes en begeertes; Vergifnis; Boosheid en broosheid. Wees deel van die reis en nooi soveel as moontlik ander mense om saam met jou deel van hierdie opwindende reis te wees. Ons glo werklik dat die “Sewe weke in gesprek met God” tot groot seën van almal sal wees. Wees daar waar die seën uitgedeel word!
– Danie O’Kennedy