Mynhardt van Zyl (38) is pas aangestel as deeltydse leraar van Hoop Geloofsgemeenskap. Hulle vorige predikant, Marizanne Pfeil-Wessels, is verlede week in De Aar bevestig.
Almal wat in die omgewing van Curro Sitari woon, word genooi om Hoop Geloofsgemeenskap se eredienste Sondae om 9:00 daar by te woon en vir Mynhardt te ontmoet. Hy en sy vrou, Lize-Maré, bedryf ook Jacks Bagels in Stellenbosch en die Paarl.
So vertel Mynhardt: “Ek en my gesin het in 2021 na Stellenbosch verhuis vanaf Port-Elizabeth. My droom vir Hoop Geloofsgemeenskap is dat ons soos suurdeeg in ons gemeenskap sal wees: ‘n klein groepie ‘committed’ dissipels wat ‘n groot verskil maak! Ons fokus vir die eerste deel van dié jaar is om verhoudings te bou en ‘n atmosfeer van intimiteit tydens die eredienste te skep. Ons wil ‘n “anderse” soort kerk wees.”
Baie welkom Mynhardt.