Dis Lydenstyd. Dis Palmsondag. Hierdie intog in Jerusalem merk die begin van Jesus se finale week. Die Markus vertelling beskryf ’n tasbare spanning met ’n onvermydelike konflik. En ons waag dit om onsself oop te maak en saam die stad binne te stap. Die intog met skares wat sing en dans. Kinders wat sing ‘Hosanna in die hoogste’. En dan vind ons hierdie gewelddadige kontras. Jesus is nie welkom nie. Dieselfde mense wat sing en dans skree nou ‘kruisig hom, kruisig hom’. Hierdie Sondag volg ons Jesus oor 3 dae in en buite die stad. Ons volg Jesus in Sy keuse om aan te hou kies vir die onafwendbare kruisdood. Moenie hierdie Sondag 10 April misloop nie. Al ons eredienste is volstoom aan die gang.
Mag jy bewus wees van God se ongetemde liefde vir jou. Mag hierdie lydenstyd vir jou wys hoe Jesus se lewe, keuses en hartklop alles vir jou is.
Groete, Deon Els