Ons Heer het waarlik opgestaan!
Op Paassondag kan ons saam met miljoene ander Christene getuig: Ons Heer het waarlik opgestaan! Jesus se opstanding is die kern van ons geloof. In Luk 24:5-6 lees ons die treffende woorde van die twee engele: “Waarom soek julle die lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar is opgewek!” Jesus se opwekking maak ons opgewonde. Jesus se opstanding gee vir elkeen van ons hoop in ‘n deurmekaar wêreld. Ons kan nie hieroor stilbly nie.
- Danie O'Kennedy (Eredienste se tye is soos gewoonlik, maar geen jeugaksie nie.)