Opstandingsondag is verby, maar die werklikheid van die opstanding is vir ons elke dag ‘n realiteit. Baie keer leef ons asof die opgestane Here nie daar nie, sukkel ons om hom raak te sien, selfs as ons oor hom praat en Hom soek.
Die Emmausgangers, dissipels wat loop en praat en dink oor Jesus, ontdek dat daar in hulle midde iemand is wat vir hulle vrae vra wat hulle opnuut laat dink en wonder. Dan begin hulle met nuwe oë kyk na die vreemdeling in hulle midde en ontdek dat dit die opgestane Jesus is.
Baie keer is dit ook juis wat gebeur in ons lewens, ons kom met verbasing agter dat terwyl ek angstig gesoek het na Jesus, hy eintlik langs my geloop het. Kom ervaar saam die stories van die opgestane Jesus wat met ons die pad stap.