Een van die gevolge van die covid pandemie is die ontploffing in die getal straatbewoners en bedelaars in ons omgewing. Feitlik by elke verkeerslig is daar iemand met ‘n bedelbordjie wat probeer oogkontak maak.
Ons weet daar is van hierdie bedelaars met geweldige nood – en daar is seker ook kansvatters. Feit bly staan, sê Anton van Niekerk: “Hierdie mense is die onmiskenbare olifant in die kamer van ons daaglikse ervaring.” Wat maak ons met die nood van ons omgewing? Dit is ‘n taai, taai toffie.
Hoe kyk Jesus na hierdie nood? Hoe lyk deernis en medelye vandag en wat verwag God van ons? Dit is waaroor ons Sondag by ons dienste gesels. Jy is baie welkom. Ons lees onder andere uit Lukas 10 en Matt 9:36.