Truth2Kids gee alle eer aan die Here vir soveel geleenthede om die Waarheid van God se Woord aan kinders te bring. Ons is dankbaar dat ons tans omtrent 1 300 kinders per week kan bereik in 37 Bybelklubs op verskillende dae in verskillende kleuterskole, skole en in die gemeenskap.

Dit is ‘n groot verantwoordelikheid en ook noodsaaklik om in vandag se tyd kinders te begelei om keuses te maak volgens die riglyne wat God in Sy Woord vir ons gee – en daarom wil ons in groot afhanklikheid van die Here werk. Ons gebed is dat Hy die saad in hul harte sal laat groei.

Ons dank die Here vir die volgende getuienisse:>>

‘n Matriekseun wat as laerskool kind gereeld na die Bybelklub in die Strand gekom het en ook kampe bygewoon het, het onlangs vir Lea van der Riet gesê: “Tannie moet asb nooit ophou om Bybelklubs vir die kinders aan te bied nie, want ek het die eerste keer vir Jesus ontmoet in die Bybelklub.”

‘n Xhosa vrou wat ons opleiding deurloop het gesê: “I always thought that I would in any way never be able to do enough things right – so why would it matter if I do another wrong thing? But I have now learned that God saves us by grace, through faith. If I confesss my sins, and believe in Jesus, I will be saved.”

‘n Graad 6 leerder skryf: “Thank you so much for being the person that encouraged me to have a closer relationship with God. I am very thankful that you came into my life to teach me how amazing God is. You have taught me so much about how to live a life for God and I cannot thank you enough for that.”

‘n Graad 3 onderwyseres by ‘n skool waar ons werk skryf: “U sal nooit besef watter verskil elke klein saadjie wat u saai in daai klein kosbare hartjies se lewens maak nie. Ons kinders kom uit swak en moeilike omstandighede. In die meeste gevalle is dit die enigste tyd wat kinders van Jesus leer. Dit is verblydend om die opgewondenheid op daai gesiggies te sien wanneer u die klasse binnekom. Vir ons is dit prysloos.”

Helpers dringend benodig: As jy iemand is wat lief is vir God en lief is vir kinders, wil jy dit nie biddend oorweeg om by ons betrokke te raak as helper by ‘n Bybelklub nie? Helpers gee bv slegs 2 uur vir voorbereiding en 30min tot ‘n uur vir aanbieding op ‘n vaste tyd weekliks by een Bybelklub, maar kan ook by meer klubs help. Truth2kids gee hulp met opleiding en lesmateriaal - en jy raak deel van ‘n lekker entoesiastiese span.

Ons wil ook graag baie dankie sê vir elkeen wat ons deur gebed, finansies en betrokkenheid ondersteun – ons waardeer dit opreg.

Projekleier: Sus van Niekerk by 076 746 4581 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Koördineerder: Minette Krog by 083 655 0111 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons is baie dankbaar vir enige finansiële bydraes by:

Bankbesonderhede: Helderberg Uitreik ABSA Somerset-Wes
Rek: 9114 483 080 Takkode: 632005 Verwysing: Truth2Kids

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri