Ons kom hierdie Sondag saam om uiting te gee aan ons geloof. Geloof in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Ons praat baie oor geloof en glo, maar wat is jou definisie van glo/geloof? Dalk is dit Hebreërs 11: ”Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Miskien is jou definisie van glo eerder nader aan Markus 9:24: “Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!“
Ek het hierdie week die volgende definisie van geloof gehoor wat my diep raak “faith is relaxing in the presence of God in the way we do when we relax in the presence of someone that we know is fond of us”.
Sondag gaan ons ontspan rondom die nagmaaltafel met die wete dat ons in die heilige teenwoordigheid is van God wat vir ons innig lief is. Ons gaan saam kyk na hoe hierdie God hom aan ons openbaar in Johannes 1:1-14.