Die lewe is te hard. Mense is te hard. In ‘n harde wêreld ontwikkel ons dik velle. Eelte en knoppe moet ons beskerm teen nog seer en teleurstelling. Tog glo ons in ‘n God wat die harde wêreld sag kom maak het. God kyk met sagte oë van genade na my en jou. Ons is bedoel om hierdie sagtheid in die wêreld in te leef. Ons kan sagte plekke van genade en liefde in hierdie harde wêreld wees.
Ons gesels Sondag oor hoe ons almal bietjie sagter en meer genadig kan lewe – en hoeveel hoop dit kan bring. Sien jou by Helderberg – en nooi iemand saam.
Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef. Efesiërs 2:10 (2020)