Dink aan groot besluite wat jy al moes neem in jou lewe. Hoe het jy geweet dit is die regte besluit? Hoe het jy geweet of dit God se wil is? Was dit toe ’n goeie besluit?
Ons gesels hierdie week as deel van ons reeks Sewe weke wat geloof laat groei oor hoe ons kan weet waarmee God besig is in ons lewe en hoe dit ons kan help met ons besluite.
Ek wil jou uitnooi na ons eredienste Sondag. Ons gaan ook nagmaal vier. Nooi gerus jou vriende en familie saam.