1 Joh 3:16-24
Ons leef in ‘n onpersoonlike wêreld waar ons nie altyd mense goed leer ken nie. Hoe leer ons mense ken? Deur dit wat hulle sê of dit wat hulle doen? 1 Joh 3:16a getuig dat ons werklik vir Jesus leer ken deur dit wat Hy vir elkeen van ons gedoen het: “dat Hy vir ons sy lewe afgelê het”. En Hy vra dieselfde van ons.
Dit kan gebeur dat ons ons hart vir ander toesluit (v 17). Ons kan maklik sê dat ons glo, maar liefde is die bewys van ons geloof (vv 18-19). Ons kan maklik sê dat ons opstaan vir die waarheid, maar waarheid sonder liefde is niks. Ons kan maklik sê dat die Bybel vir ons belangrik is, maar liefde is die grootste gebod (vv 23-24).
Ons gesels Sondag verder hieroor.