'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kom luister gerus Sondag 27 November 2022 na die getuienis wat gelewer gaan word van ‘n persoon se helings-pad saam met sy berader. Die getuienis word tydens albei die oggenddienste gelewer.

Wil jy betrokke raak by die sentrum as ‘n vrywilliger? Ons benodig nou vir:
Beraders: Het jy ondervinding as ‘n berader en ‘n behoefte om deel te raak van ons span?
Gebedslys: Omgee-mense wat kan help om persone op ons gebedslys te kontak. Jou oproep maak ‘n verskil in mense se lewens.
Pro-bona dienste: Professionele persone wat pro-bono kan help met van ons verwysings, ons benodig spesifiek psigiaters, dokters en sielkundiges.

Kontak vir Karen de Beer as jy meer wil weet of op enige van die bogenoemde maniere wil betrokke raak, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 079 417 3863

Karen de Beer

 

Dankbaarheid is een van die kernwaardes van die Christelike geloof. Ons sê juis dat ons totale lewe ’n lewe van dankbaarheid moet wees, omdat Jesus alles vir ons kom opoffer het. In Luk 17:11-19 lees ons van die tien melaatses wat Jesus gesond gemaak het en net een wat kom dankie sê. Ons raak ontsteld as ons dit lees, maar dit kan ook met ons gebeur. Dat ons net aangaan met die lewe en so op onsself fokus dat ons vergeet om dankbaar te wees.

Aan die einde van die jaar kyk ons terug en kan nie anders as om vir die Here dankie te sê nie. En ons wil graag ons dankbaarheid op verskillende maniere bewys – deur ons woorde, gebede, omgee, gawes, tyd, geld, ens.

Kom vier saam met ons Dankbaarheidsondag.

Danie O’Kennedy

Hierdie Sondag het ons 'n spesiale Sondag van dankbaarheid. Ons gee in hierdie tyd uit dankbaarheid 'n ekstra bydrae vir alles wat ons van God ontvang.

Lyndon Mactavie is 'n VGK student wat sy kerklike navorsingsjaar by Helderberg Gemeente doen en sy tema is Versoening deur sport. Ons het vir Lyndon ‘n paar vrae gevra om so bietjie meer te hoor wie hy is.

Hoe weet ek die Here is Lief vir my?
Ek weet die Here is lief vir my deur sy genade wat Hy aan my gee dag na dag en die persoonlike verhouding wat ek met God het. Ek sien sy teenwoordigheid en liefde nie net in my stilte tyd nie, maar ook in alle daagse dinge rondom my.

Wat is my droom by Helderberg?
My droom by Helderberg is om verder geestelik te kan groei en te kan sien hoe die Here die verhouding met Helderberg en al die gemeentes rondom die kerk sterker maak. Ek droom om te sien hoe die Here met Helderberg Gemeente werk sodat ons ‘n gesig van versoening kan sien, waar Jesus ons bande horisontaal versterk en vertikaal saam met Hom.

Wat is my eerste belangrikste indrukke van Helderberg?
Die gemeente is ʼn baie inklusiewe gemeente, ʼn gemeente wat baie oop en warm is en waar ʼn mens baie gemaklik mee voel.>>

Lees verder: My Naam is Lyndon Mactavie

Fasiliteite sê dankie
Die Fasiliteitespan wil graag vir ons gemeente baie dankie sê dat julle dit vir ons moontlik maak om hierdie pragtige fasiliteite van ons in stand te hou. Daar was oa dakke reggemaak, die nissies is omhein, tuin is opgeknap, herstelwerk gedoen en nog vele meer. Ons is baie bevoorreg om ‘n aktiewe gemeente te wees waar daar daagliks verskillende aktiwiteite aan die gang is. Ons is ook trots daarop om te meld dat ons oor ‘n paar permanente huurders beskik.

Ons fasiliteite is nie net beskikbaar vir ons gemeente se mense nie, ons het ook baie besoekers wat oa begrafnisse bywoon. Heelwat mense, ook nie-lidmate, wil graag ‘n geliefde se begrafnis by Helderberg in die kerk of Kapel hou. Dit is vir ons ook goed om ‘n diverse gemeente te wees waar ons ieder en elk laat tuis voel.

Ons span is baie trots op dit wat die Here aan ons gegee het om tot Sy eer te gebruik, daarom maak ons erns met ons perseel, dit is ons trots.

Odette Stemmet 

Foto: agter van links is David Koopman, Edward Njonga, Paul Kilian (leier), Antoinette du Tot en voor is Odette Stemmet en Margie Herselman.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri