'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie Sondag het ons 'n spesiale Sondag van dankbaarheid. Ons gee in hierdie tyd uit dankbaarheid 'n ekstra bydrae vir alles wat ons van God ontvang.

Lyndon Mactavie is 'n VGK student wat sy kerklike navorsingsjaar by Helderberg Gemeente doen en sy tema is Versoening deur sport. Ons het vir Lyndon ‘n paar vrae gevra om so bietjie meer te hoor wie hy is.

Hoe weet ek die Here is Lief vir my?
Ek weet die Here is lief vir my deur sy genade wat Hy aan my gee dag na dag en die persoonlike verhouding wat ek met God het. Ek sien sy teenwoordigheid en liefde nie net in my stilte tyd nie, maar ook in alle daagse dinge rondom my.

Wat is my droom by Helderberg?
My droom by Helderberg is om verder geestelik te kan groei en te kan sien hoe die Here die verhouding met Helderberg en al die gemeentes rondom die kerk sterker maak. Ek droom om te sien hoe die Here met Helderberg Gemeente werk sodat ons ‘n gesig van versoening kan sien, waar Jesus ons bande horisontaal versterk en vertikaal saam met Hom.

Wat is my eerste belangrikste indrukke van Helderberg?
Die gemeente is ʼn baie inklusiewe gemeente, ʼn gemeente wat baie oop en warm is en waar ʼn mens baie gemaklik mee voel.>>

Lees verder: My Naam is Lyndon Mactavie

Fasiliteite sê dankie
Die Fasiliteitespan wil graag vir ons gemeente baie dankie sê dat julle dit vir ons moontlik maak om hierdie pragtige fasiliteite van ons in stand te hou. Daar was oa dakke reggemaak, die nissies is omhein, tuin is opgeknap, herstelwerk gedoen en nog vele meer. Ons is baie bevoorreg om ‘n aktiewe gemeente te wees waar daar daagliks verskillende aktiwiteite aan die gang is. Ons is ook trots daarop om te meld dat ons oor ‘n paar permanente huurders beskik.

Ons fasiliteite is nie net beskikbaar vir ons gemeente se mense nie, ons het ook baie besoekers wat oa begrafnisse bywoon. Heelwat mense, ook nie-lidmate, wil graag ‘n geliefde se begrafnis by Helderberg in die kerk of Kapel hou. Dit is vir ons ook goed om ‘n diverse gemeente te wees waar ons ieder en elk laat tuis voel.

Ons span is baie trots op dit wat die Here aan ons gegee het om tot Sy eer te gebruik, daarom maak ons erns met ons perseel, dit is ons trots.

Odette Stemmet 

Foto: agter van links is David Koopman, Edward Njonga, Paul Kilian (leier), Antoinette du Tot en voor is Odette Stemmet en Margie Herselman.

Ons lewe in ‘n samelewing waar ons soos almal alles beoordeel. Waar jy kyk of jou gedrag, jou stellings goedgekeur word deur ander deur die hoeveelheid likes wat jy het op Facebook, Instagram, Twitter of een van die ander sosiale platforms. Dit maak ook dat ons heeltyd ons eie prestasies, lewe of selfs normale daaglikse doen en late vergelyk met mense rondom ons. Die definiëring van die self word gedoen op grond van hoe ek vergelyk.

Daarom is dit belangrik om ‘n klomp mense in my sirkel, vriendekring of op my sosiale media te hê wat swakker as ek is. Wat my toelaat om goed te voel oor myself. Ons dink dit is ‘n nuwe ding, iets van ons moderne tyd. Dit is sekerlik een van die oudste dinge in die mensdom en een van die hartseerste dinge in geloof. As ek net iemand anders kan uitwys waarvan ek oortuig is meer sondig is as ek dan voel ek baie beter oor myself.

Die dissipels van Jesus doen dieselfde in Johannes 9 om dan met ‘n skok toe ontdek dat hulle die hele situasie gemis het. God roep ons op, nie om die sleg in ander te sien nie, maar die heerlikheid van God. Om stil te staan as die wêreld veroordeel en bewus te word van God in ander. Om nie te beoordeel nie, maar om mense te gun wie God hulle gemaak het om te wees en dan die eer aan God te gee.

Kom deel hierdie Sondag in die heerlikheid van God as ons dit vier in ander mense.

Paul Barnard

Bring die hele familie en kom geniet die diens van 27 November saam met Familiebediening.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri