'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ek lees met ’n pyn in my hart die afgelope paar weke vir die soveelste keer of Facebook van nog ’n baba-lykie wat iewers in ’n veld of op ’n ashoop gevind is. Hoe hard is ons wêreld net nie! En hoe sag al die babagoedjies wat jy in winkels kan koop wat daardie lewelose lyfies nooit onder hulle kon voel nie. Hoe desperaat moet ’n mamma nie wees nie.

Dan lees ek ook die briefie wat ’n mamma saam met haar drie maande oue dogtertjie, wat genadiglik lewendig gevind is, gelos het: “Hi you might be wondering why I dumped my baby, don’t wonder just help her if you can or call authorities but don’t judge me. I have spoken twice with social workers they delaying to assist, I know this looks bad but I had no option the system is fragile and we can’t even abort safely anymore hospitals have strict rules.” Die mamma het haarself later aan die polisie oorgegee en is krimineel aangekla. Baie mense het baie dinge op sosiale media te sê gehad, teen en ter ondersteuning van hierdie mamma. Uit haar briefie blyk dit dat waar sy ’n sagte oor nodig gehad het om haar hulpkreet te hoor, sy ’n harde stilswye as antwoord gekry het van dié wat kon help.

Met geen “safe haven law” in Suid-Afrika, sodat ’n mamma haar baba anoniem op ’n veilige plek kan los sonder om krimineel aangeklag te word indien sy geïdentifiseer word nie, raak die uitdaging van verlate babas net groter. Selfs die “Baby savers” of babakluise, waarin babas veilig geplaas kan word en onmiddellik gevind en gehelp kan word, is onwettig in Suid-Afrika. Genadiglik draai die wetstoepassers ’n blinde oog, want hulle besef dat hierdie babakluise letterlik lewens red. Die Helderberg Baby Saver in die muur by Choices Crisis Pregnancy Centre het oor die afgelope agt jaar sedert die ontstaan daarvan, tien babas ontvang.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Kanga&roo

Die lewe is te hard. Mense is te hard. In ‘n harde wêreld ontwikkel ons dik velle. Eelte en knoppe moet ons beskerm teen nog seer en teleurstelling. Tog glo ons in ‘n God wat die harde wêreld sag kom maak het. God kyk met sagte oë van genade na my en jou. Ons is bedoel om hierdie sagtheid in die wêreld in te leef. Ons kan sagte plekke van genade en liefde in hierdie harde wêreld wees.

Ons gesels Sondag oor hoe ons almal bietjie sagter en meer genadig kan lewe – en hoeveel hoop dit kan bring. Sien jou by Helderberg – en nooi iemand saam.

Danie Möller

Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef. Efesiërs 2:10 (2020)

Die tieners is lekker aan die gang by Tienerkerk en ook in hul kleingroepe. Helderberg is bevoorreg om 'n spesiale diens vir die groep te kan hou op 'n Sondagaand.

Ons kom hierdie Sondag saam om uiting te gee aan ons geloof. Geloof in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Ons praat baie oor geloof en glo, maar wat is jou definisie van glo/geloof? Dalk is dit Hebreërs 11: ”Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Miskien is jou definisie van glo eerder nader aan Markus 9:24: “Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!“

Ek het hierdie week die volgende definisie van geloof gehoor wat my diep raak “faith is relaxing in the presence of God in the way we do when we relax in the presence of someone that we know is fond of us”.

Sondag gaan ons ontspan rondom die nagmaaltafel met die wete dat ons in die heilige teenwoordigheid is van God wat vir ons innig lief is. Ons gaan saam kyk na hoe hierdie God hom aan ons openbaar in Johannes 1:1-14.

Paul Barnard

Die Kerkraad van Helderberg Gemeente het op 12 Augustus 2003 toestemming gegee dat ‘n nie-winsgewende organisasie gestig mag word om uit te reik na mense en ‘n wêreld in nood. Die stigtingsvergadering van Helderberg Uitreik het op 6 November 2003 plaasgevind. Die organisasie se visie is: Draers van Christus se Hoop na ‘n wêreld in Nood.

Die organisasie, wat ook die UItreikbediening van Helderberg Gemeente is, het gegroei en het in die vorige boekjaar 295 602 mense direk bereik deur ontwikkeling, armoedeverligting en evangelisasie met behulp van 36 projekte waarby 909 medewerkers betrek is.

Helderberg Uitreik is baie dankbaar teenoor Helderberg Gemeente vir infrastruktuur, ondersteuning, blootstelling en om as die uitreikbediening van die gemeente te funksioneer. As Draers van Christus se Hoop is dit ons droom dat elke lidmaat op ‘n manier betrokke sal wees, hetsy deur tyd, kundigheid, geloofoffers en gebed. Kom bring jou gawes en wees deel van hierdie beweging van God in die wêreld!

Lees gerus meer oor die werksaamhede van die projekte, kliek hier

Kontak asb vir Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer besonderhede.

Voorsitter: Kotzé van Wyk

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri