'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Truth2Kids gee alle eer aan die Here vir soveel geleenthede om die Waarheid van God se Woord aan kinders te bring. Ons is dankbaar dat ons tans omtrent 1 300 kinders per week kan bereik in 37 Bybelklubs op verskillende dae in verskillende kleuterskole, skole en in die gemeenskap.

Dit is ‘n groot verantwoordelikheid en ook noodsaaklik om in vandag se tyd kinders te begelei om keuses te maak volgens die riglyne wat God in Sy Woord vir ons gee – en daarom wil ons in groot afhanklikheid van die Here werk. Ons gebed is dat Hy die saad in hul harte sal laat groei.

Ons dank die Here vir die volgende getuienisse:>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Truth2Kids

Ek hoor gereeld dat ek net “positief” moet dink. Dink net Positief. Spreek lewe, sal sommige my selfs voorstel. En hulle is reg. Daar is groot waarde om te leef met ’n postiewe ingesteldheid. Die taai toffie is as ek positief dink en steeds teleurstelling beleef. Waar kom geloof in die saak in? Is dit ’n geval van positiewe denke teenoor geloof of andersom? Ek is moeg vir positiewe praatjies en “oppervlakkige" goedvoel slagspreuke.

Ek het so een tannie wat elke week vir my ’n positiewe WhatsApp stuur. Ek blok haar eerder want dit help nie veel nie. Die Bybel help ons om nuut te dink sodat ek anders kan lewe. Kom saam in aanbidding. Moenie wegbly nie. Sien uit om jou te sien.

Deon Els

Onthou ons somer eredienstye begin hierdie Sondag.

Die Bybel gee Hoop

Vandag nog meer as voorheen het mense die woord van God nodig en dit is presies wat Bybelverspreiding doen. Ons versprei God se woord aan ‘n wêreld in nood en dis moontlik aangesien ons ook Bybels in ander tale soos byvoorbeeld Xhosa, Zulu, Shona en Chichewa versprei. Ons is bevoorreg om die Bybel in ons eie taal te kan lees. Daar is nou ‘n nuwe 2020 vertaling, as jy nog nie een het nie, dit is beskikbaar by die kerkkantoor teen R150.

Baie dankie aan ons gereelde donateurs, wat dit moontlik maak om Bybels aan te koop in verskillende tale. Ons versprei ook tweedehandse Bybels, bring gerus enige ekstra Bybels na die kerkkantoor. Daar is veral ‘n groot behoefte aan Kinderbybels.

As ons na vandag se wêreld kyk, sien ons hoe nodig dit vir ons as Christene is om God se woord te versprei. Jy kan ‘n verskil maak deur net een Bybel aan ‘n vreemdeling te gee. Die Bybel is nie net ‘n boek nie, maar die Woord van God. Deur Bybelverspreiding wil ons die goeie nuus van God se verlossing vir mense bring. Help ons om die goeie nuus en hoop wêreldwyd te versprei.

Donasie kan gemaak woord aan Helderberg Uitreik – Bybelverspreiding. Vir meer inligting kontak Grazie Beets 

Grazie Beets

Een van die gevolge van die covid pandemie is die ontploffing in die getal straatbewoners en bedelaars in ons omgewing. Feitlik by elke verkeerslig is daar iemand met ‘n bedelbordjie wat probeer oogkontak maak.

Ons weet daar is van hierdie bedelaars met geweldige nood – en daar is seker ook kansvatters. Feit bly staan, sê Anton van Niekerk: “Hierdie mense is die onmiskenbare olifant in die kamer van ons daaglikse ervaring.” Wat maak ons met die nood van ons omgewing? Dit is ‘n taai, taai toffie.

Hoe kyk Jesus na hierdie nood? Hoe lyk deernis en medelye vandag en wat verwag God van ons? Dit is waaroor ons Sondag by ons dienste gesels. Jy is baie welkom. Ons lees onder andere uit Lukas 10 en Matt 9:36.

Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri