'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Marisa help graag ander mense en is versot op wol en hekel graag.

Wintertyd in die Kaap maak die lewe stadiger. Ons leef meer na binne en saam met die natuur is dit op baie maniere ‘n stiller tyd. Dit is die ideale tyd vir dieper verhoudings met mekaar en met God. Die kitskultuur waaraan ons gewoond raak, beïnvloed ons hele lewe, ook ons verhouding met God.

Eie aan ons tydsgees, wil ons hê ons geloofspad moet ook sommer gou en kits en maklik wees – maar dan mis ons die wonderlike diepte en diversiteit en lekker van ‘n groeipad saam met God. Iets wat die moeite werd is neem tyd. Maak tyd vir God – loop die pad saam met medegelowiges – ontdek die unieke pad wat God met jou en julle loop.

Maak tyd vir jou afspraak met God by Sondag se eredienste. Sien jou graag by die kerk of skakel in by ons uitsaaidienste. Warm bly.

Danie Möller

Groot dankie aan Helderberg Uitreik se geloofoffers-ondersteuners. Jou geloofoffer word vermeerder soos die broodjies en die vissies in God se hande en het die 37 projekte in staat gestel om die afgelope boekjaar 295 602 kinders en volwassenes direk te bedien met evangelisasie, dissipelmaking, ontwikkeling, mediese-, pastorale- en beradingsdienste, fisieke versorging en bestaansbeveiliging.

Geloofoffers vir aangewese projekte en die bestuur van Helderberg Uitreik kwalifiseer vir Art 18A sertifikate vir belastingsverligting vir die skenker.

Navrae: Louise Theron

Danie is baie lief vir sy gesin en ook vir fietsry. Hierdie jaar sien hy egter die meeste uit daarna om in September oupa te word.

Ons is baie dankbaar en opgewonde om te kan sê dat ons sover 20 skape kon borg om die nood in die Calvinia-distrik te help verlig. (Sien aangehegde foto) Die uiteindelike doel is 5 000 skape! Die getal skape wat reeds die bossies van die Noord-Kaap geniet is 1 621 – so ons het nog 'n entjie om te gaan.

Indien jy 'n daadwerklike verskil wil maak, help die boere om weer op hulle voete te kom na die droogte. Enige donasie, hoe groot of klein is baie welkom.

Vir navrae, kontak asb Rampprojekleier Annatjie van Niekerk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 073 191 6277

Alle donasies kan by Helderberg Uitreik se rekening inbetaal word. Verwys: Rampprojek – ooie, kliek hier vir die bankbesonderhede.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri