'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ontmoet vir Edward Njonga:

Opstandingsondag is verby, maar die werklikheid van die opstanding is vir ons elke dag ‘n realiteit. Baie keer leef ons asof die opgestane Here nie daar nie, sukkel ons om hom raak te sien, selfs as ons oor hom praat en Hom soek.

Die Emmausgangers, dissipels wat loop en praat en dink oor Jesus, ontdek dat daar in hulle midde iemand is wat vir hulle vrae vra wat hulle opnuut laat dink en wonder. Dan begin hulle met nuwe oë kyk na die vreemdeling in hulle midde en ontdek dat dit die opgestane Jesus is.

Baie keer is dit ook juis wat gebeur in ons lewens, ons kom met verbasing agter dat terwyl ek angstig gesoek het na Jesus, hy eintlik langs my geloop het. Kom ervaar saam die stories van die opgestane Jesus wat met ons die pad stap.

Paul Barnard

Harmony Projek bestaan reeds van 2015 en kon die afgelope jare ondersteuning en hoop bring vir talle mense en hul kinders wat geraak is deur egskeiding en dood.

Die programme, GriefShare, DivorceCare, DivorceCare for Kids en Single & Parenting word deur ‘n span vrywilligers aangebied en vir die afgelope 7 jaar kom die groepe in verskillende lokale by Helderberg Gemeente bymekaar. Hier beleef mense die Here se liefde en genade en dat hulle nie alleen is in hul tyd van nood nie. Mense bemoedig mekaar en ontdek deur die programme en om met mekaar te deel dat wat hulle deurgaan normaal is. Daar is ander wat ook in dieselfde bootjie is.

Die Covid-inperkings van die afgelope 2 jaar het dit moontlik gemaak dat die programme DivorceCare en GriefShare aanlyn aangebied kon word. Dit is nou selfs moontlik dat mense wat nié in persoon die program kan bywoon nie, via Zoom kan inskakel.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Harmony Projek

Hier is 'n manier om betrokke te raak by die rampverligting in KwaZulu-Natal. Ons gebede is saam met die mense daar.

Op 1 Mei begin ons winter eredienstye vir die Klassieke diens, Informele diens en jeugaksie:

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri