'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Sondag 6 Maart staan ons stil by die bede “En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan” (Matt 6:12). Jesus weet dat ons as mense hiermee sukkel; daarom praat Hy direk ná die Ons Vader gebed weer oor hierdie belangrike saak (Matt 6:14-15).

In Psalm 51 lees ons hoe Dawid eerlik sy sonde voor die Here bely. Dit was nie maklik vir Dawid om dit te doen nie. Die profeet Natan moes eers met hom hieroor gesels. Dit is ook nie maklik vir elkeen van ons om te sê: “Ek is jammer, vergewe my skuld.” En nog moeiliker om ander te vergewe.

Vergifnis is die kern van die blye boodskap in die Bybel. As ons sukkel om te vergewe word ons aangemoedig om te dink aan wat Jesus gedoen het. Hy was bereid om vir ons sonde te sterf. Hy is bereid om ons te vergewe.

Sonde en onvergewensgesindheid vergiftig ons. Kies jy om jou sonde te bely en te vergewe? Sondebelydenis en vergifnis lei tot blydskap en vreugde.

Danie O’Kennedy

Ons begin Woensdag met die 40 dae Lydenstyd. Dis ook die tyd om jou emosies voor God te bring. Kom word saam met ons stil.

Ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka se embleem is ‘n groot afgekapte boomstomp met ‘n nuwe takkie waar blare groei. Dit is so sinoniem met dit wat tans gebeur. Alles begin by ‘n huisgesin waar ander huisgesinne nuuskierig word en die geloofsgemeenskap so groei dat hulle ‘n gemeente word, waaruit nuwe gemeentes ontwikkel.

Die Sri Lanka Projekspan is nog steeds betrokke by 3 bedieningspunte, waaruit daar vele ander bedieningspunte ook ontstaan het. As gevolg van veiligheidsredes wil ons eerder nie name en dorpe noem nie omdat hulle dalk onnodig blootstel kan word. Die projek befonds die drie evangeliste se vergoeding.

Die Projekleier, Paul Kilian, en Louise Theron het in Januarie 2022 besoek afgelê by ons vennoot en kan ons rapporteer dat meer gedoen word as wat ons verwag het. Dis die eerste keer dat ons die nuwe evangeliste by ons missie stasies leer ken het na hul rotering begin 2021 en was ons beïndruk met die uitbreiding, intense evangelisasie en projekte wat hulle geloods het die afgelope 3 jaar sedert ons vorige besoek in 2019. Die evangeliste is baie innoverend om die Woord op kreatiewe maniere by onbereikte gemeenskappe te kry. By die bedieningspunte kom mense tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap investeer, die kerk groei en kerkplanting vind plaas. Uit die bedieningspunte ontstaan nog kleiner gemeentes wat ook fluks groei. Inaggenome van die pandemie was ons verheug. Louise het ‘n werksessie aangebied oor trauma insident vermindering. Dit was baie goed ontvang en die bywoners het ons verseker hulle kan dit goed benut. Die leraars en pastore is nou ook goed toegerus om trauma berading aan te bied, veral nou met die Corona-virus.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Sri Lanka Projekspan

Die Here seën ons met die wonderlikste mense wat al aangebied het om te help, baie dankie vir elkeen se bydrae. Julle is so kosbaar vir ons. Vir navrae kontak vir Odette by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Ronell by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans). Die groepe kom 10:00 by die kerk bymekaar en om 09:00 is daar ‘n Zoom-byeenkoms.

Hier is die skakel vir hierdie week se Zoom-byeenkoms: https://us04web.zoom.us/j/71739329453?pwd=kG2GoU3NcHvnlPKqOwyi606Fk2RKi5.1
Meeting ID: 717 3932 9453
Passcode: bs7kc8

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri