'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Baie dankie vir elkeen wat bydraes maak vir die Mini Basaar. Ons het nog 'n paar items nodig, asseblief. Intussen werk die spanne al aan die wit olifante en om die Tent gereed te kry vir Saterdag.

Die nissies met die mooi tuine en pragtige uitsigte is ‘n groot bate vir ons gemeente. Ons het onlangs insidente gehad waar aluminium vase gesteel is en sien ook al hoe meer gevalle elders waar kwaaddoeners nissies beskadig en die graniet/stene steel. Tans is die kerk perseel blootgestel aan leeglêers, maar ons sekuriteit is darem tops.

Ons sal tog graag die gebied omhein en beveilig. Die omheinde gebied sal ook hoë risiko areas van die gebou beskerm. Ons het nog verskeie nissies wat nog nie eienaars het nie en wil hoor of daar gemeentelede is wat graag wil aankoop teen R2 500-00 elk (graniet ingesluit). Ons het ‘n tekort van R90 000-00 en sal ook bydraes waardeer wat spesifiek gemerk moet wees vir die “Nissie” beveiligings projek.

Kontak gerus vir Odette (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) of Paul Kilian (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) vir enige verdere navrae.

Lydenstyd het in die vierde eeu na Christus ontstaan en strek oor die 40 weeksdae wat op Aswoensdag begin en met die Groot Lydensweek, Heilige Donderdag, Goeie Vrydag en Stil Saterdag ’n dieptepunt bereik.

Lydenstyd is die voorbereiding en aanloop tot die viering van Christus se verlossingswerk aan die kruis en die nuwe lewe wat deur sy opstanding moontlik gemaak is. Dit alles vind plaas teen die agtergrond van individue se verlange om God se genadige verlossing in hulle lewe, sowel as in die wêreld, verwesenlik te sien word.
Lydenstyd was oorspronklik die voorbereidingstyd vir volwassenes wat op Paassondag, deur die doop, by die gemeenskap van gelowiges ingelyf is. In die lig hiervan was dit ’n tyd van gefokusde Bybelstudie en gebed. Lede wat van die kerk afgesny is, het in hierdie tyd voorberei om weer deel van die gemeenskap te raak. Vir die hele gemeente was dit dus ’n tyd van hertoewyding aan die roeping wat hulle doop inhou.>>

Lees verder: Lydenstyd

Kaartjie is nou te koop by Ontvangs.

Sondag 6 Maart staan ons stil by die bede “En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan” (Matt 6:12). Jesus weet dat ons as mense hiermee sukkel; daarom praat Hy direk ná die Ons Vader gebed weer oor hierdie belangrike saak (Matt 6:14-15).

In Psalm 51 lees ons hoe Dawid eerlik sy sonde voor die Here bely. Dit was nie maklik vir Dawid om dit te doen nie. Die profeet Natan moes eers met hom hieroor gesels. Dit is ook nie maklik vir elkeen van ons om te sê: “Ek is jammer, vergewe my skuld.” En nog moeiliker om ander te vergewe.

Vergifnis is die kern van die blye boodskap in die Bybel. As ons sukkel om te vergewe word ons aangemoedig om te dink aan wat Jesus gedoen het. Hy was bereid om vir ons sonde te sterf. Hy is bereid om ons te vergewe.

Sonde en onvergewensgesindheid vergiftig ons. Kies jy om jou sonde te bely en te vergewe? Sondebelydenis en vergifnis lei tot blydskap en vreugde.

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri