'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Onthou jy is welkom om in die Tent die lewendige Informele diens te kyk indien die kerk te vol is.

Kom geniet die aand saam met ons.

Hierdie komende Sondag, 5 Desember, is daar sowat 45 jongmense wat hulle geloof kom bely. Hulle kom getuig van wat God in hulle lewe doen. Die Here is lewenslank besig in ons lewens. Sy werk in en deur ons kom nie tot ’n einde nie. Sy liefde skyn deur en in ons van begin tot einde. Kom wees deel van hierdie spesiale Sondag by Helderberg Gemeente. Ons gaan ook gesels oor die goeie nuus wat sê dat ons as gelowiges is hoogs skuifbaar. Ons is geskep met die potensiaal om lewenslank te groei as dissipels van Jesus. Ons is geskep om Christus-waarts te bly groei.

Hierdie geloofspad wat ons stap het ook sy eise. Hoe kan ons as dissipels van Jesus seker maak dat ons aanhou volg, groei en leef in ’n uitdagende en veranderende wêreld? Maak seker om saam met ons te stap deur die Woord van God. Mag die Vrede van Christus in jou bly.

- Deon Els

Die deurkollekte Sondag gaan vir MIV- en VIGS-bediening, vandag is ook Wêreldvigsdag. Onthou ons Kerssangdiens Sondagaand om 17:00 en 19:00.

Familiebediening het 'n termynpos van een jaar vakant vir 'n Administratiewe koördineerder. Die funksie van die pos is om die werksaamhede van die bediening deur administrasie en koördinering te ondersteun, te verbeter en uit te bou. Die pos maak ook voorsiening dat die familiebediening se visie aan die groei is en dat take van die pos hiermee aangepas word.

Kliek hier vir meer oor die pos en hoe om aansoek te doen. 

Baie geluk aan Lizl Botha, ons jeugwerker vir Kinderbediening, sy is beroep as diensleraar vir Familie- en Jeugbediening by Helderberg. ‘n Diensleraar is ‘n persoon wat na verdere opleiding vir ‘n spesifieke verantwoordelikheid/bediening as predikant bevestig kan word.

Ons is baie trots op haar.

Lizl gaan voort met haar huidige pligte tov die Kinderbediening.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri