'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se Sir Lowry’s Pass projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n Kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners soos Babsie Steyn (Sir Lowry’s Pass Primêr), Fiela Opperman (Fiela se huis-sopkombuise en Young Ones-tienerkoffiekamer) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer die sleutels tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is. Tydens die grendeltyd kon ons weekliks bestanddele voorsien sodat hierdie engele in die Village vir die gemeenskap kon kosmaak. Ons het by hulle gesien wat dit beteken om Jesus se hande en voete te wees en om ander met ‘n liefdevolle gesindheid te dien.

Die SLP Leerderondersteuningsprogram het in 2014 begin en leerders van SLP Primêr wat Graad 7 suksesvol voltooi het en met hulle hoërskoolopleiding wil voortgaan, finansieel te ondersteun. Die doel van die program is om behoeftige leerders d.m.v. ‘n beurs in staat te stel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan en hul vordering te moniteer. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes stel ons in staat om tot 20 leerders per jaar in hierdie program te ondersteun. Die SLP-projek bied ook sedert 2018 ekstra Wiskunde-tutorklasse aan hoërskoolleerders.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Sir Lowry’s Pass projek

Ons is opgewonde om Olivia Gardner te verwelkom!
Olivia kom van 'n klein dorp af Kariega/Uitenhage. Sy is opgewonde om in ons gemeenskap te kom werk. Olivia geniet dit om seker te maak al die fyn besonderhede is in plek om Aanbidding 'n goeie ervaring vir almal te maak. Haar energie en passie vir die Here is aansteeklik en ons bid haar alle seën toe vir die nuwe seisoen in haar lewe.

Wat is die werklikheid waarbinne ons lewe? Die een sogenaamde realiteit wat aan ons voorgehou word, is dat die wêreld in chaos is. Onheil en donkerte sak toe en in hierdie prentjie is God afwesig in die wêreld.

Maar daar is ook baie van ons wat dit andersom sien. Ons sien die prentjie van lig wat deurkom en die donker verdryf. ‘n Werklikheid van God wat HERE is van hierdie wêreld. Ons hou vas aan Jesus se beloftes aan ons in Matt 28: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde” en “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Dit is die Goddelike werklikheid. Ook in my en jou leefwêreld.

– Danie Möller

Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddie- en Tekkiekerk 09:30
Tienerkerk en kleingroepe 18:00-19:45
Aanddiens (Kapel) 19:00

Musica Dei bring diegene wat lief is vir musiek – en daai passie wil deel met ander – bymekaar. Met ons orkes- en kooroptredes bedien ons nie net die gemeenskap met klassieke musiek nie, maar maak ook van geestelike repertoire en tekste gebruik om die Blye Boodskap uit te dra as deel van ons getuienis.

Ons was bevoorreg om vroeër vanjaar toegelaat te word in hospitale in die omgewing om ook in die gange by die kritieke sorg vir pasiënte musiek te maak. Die een dokter vertel na die tyd: “You don’t know how it is to face so much suffering and death each day. And standing in ICU, feeling as if you are in Hell, and suddenly hearing the most beautiful music, immediately takes you to the gates of Heaven.”

Die idee het ook ontstaan om met die groter orkes buite ons hospitale op te tree en op só ‘n manier ons dankbaarheid en waardering vir mediese personeel te toon. Ons dink die ergste is verby, of dat almal al gewoond sal wees aan die abnormale omstandighede van die afgelope jaar en ‘n half, maar dit is nie waar nie. Die seer en moedeloosheid is steeds daar, en die trane vloei. Dikwels kom woorde van troos nie maklik nie, maar met ons musiek kan ons mense aanspreek tot in hulle diepste wese.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Musica Dei

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri