Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Ons is opgewonde om Olivia Gardner te verwelkom!
Olivia kom van 'n klein dorp af Kariega/Uitenhage. Sy is opgewonde om in ons gemeenskap te kom werk. Olivia geniet dit om seker te maak al die fyn besonderhede is in plek om Aanbidding 'n goeie ervaring vir almal te maak. Haar energie en passie vir die Here is aansteeklik en ons bid haar alle seën toe vir die nuwe seisoen in haar lewe.
Wat is die werklikheid waarbinne ons lewe? Die een sogenaamde realiteit wat aan ons voorgehou word, is dat die wêreld in chaos is. Onheil en donkerte sak toe en in hierdie prentjie is God afwesig in die wêreld.
Maar daar is ook baie van ons wat dit andersom sien. Ons sien die prentjie van lig wat deurkom en die donker verdryf. ‘n Werklikheid van God wat HERE is van hierdie wêreld. Ons hou vas aan Jesus se beloftes aan ons in Matt 28: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde” en “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Dit is die Goddelike werklikheid. Ook in my en jou leefwêreld.
– Danie Möller
Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddie- en Tekkiekerk 09:30
Tienerkerk en kleingroepe 18:00-19:45
Aanddiens (Kapel) 19:00
Musica Dei bring diegene wat lief is vir musiek – en daai passie wil deel met ander – bymekaar. Met ons orkes- en kooroptredes bedien ons nie net die gemeenskap met klassieke musiek nie, maar maak ook van geestelike repertoire en tekste gebruik om die Blye Boodskap uit te dra as deel van ons getuienis.
Ons was bevoorreg om vroeër vanjaar toegelaat te word in hospitale in die omgewing om ook in die gange by die kritieke sorg vir pasiënte musiek te maak. Die een dokter vertel na die tyd: “You don’t know how it is to face so much suffering and death each day. And standing in ICU, feeling as if you are in Hell, and suddenly hearing the most beautiful music, immediately takes you to the gates of Heaven.”
Die idee het ook ontstaan om met die groter orkes buite ons hospitale op te tree en op só ‘n manier ons dankbaarheid en waardering vir mediese personeel te toon. Ons dink die ergste is verby, of dat almal al gewoond sal wees aan die abnormale omstandighede van die afgelope jaar en ‘n half, maar dit is nie waar nie. Die seer en moedeloosheid is steeds daar, en die trane vloei. Dikwels kom woorde van troos nie maklik nie, maar met ons musiek kan ons mense aanspreek tot in hulle diepste wese.>>
Die Seniorsorgprojek van Helderberg Uitreik kan weer voorgaan met dienste aan senior burgers.
Een van die fokusse van die projek is die versorging van 247 sub-ekonomiese senior burgers in tehuise in die Helderberg Kom, deur die voorsiening van doeke, toiletware, onderklere en nagklere.
Die projek se geloofoffer-inkomste het gedurende die Covid-tyd gedaal en benodig nou weer ondersteuning.
Wil jy dit nie asseblief oorweeg om ‘n seniorburger of twee te borg teen R50 per persoon per maand nie?
Bydraes vir Seniorsorg, inbetaalbaar by Helderberg Uitreik ABSA Rek nr 9114 483 080, Takkode 632005 – verwys “seniorsorg” kwalifiseer vir ‘n Art 18A kwitansie vir belastingverligting. Stuur asseblief jou bewys van betaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Projekleier: Ina van Niekerk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- vir die riglyne in die Bybel
- dat U ‘n doel het met ons lewe
- dat U ons bevry van vrees
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
In die liefde is daar geen vrees nie. 1 Johannes 4:18a
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus